Woord vir Vandag - 5 Des 2024

Loading player...
“…Sy het die baba in die mandjie gesit en dit tussen die riete van die Nylrivier weggesteek.” Eksodus 2:3 NLV

Die rivier van God

Moses se ma het hom in ‘n mandjie gesit, dit in die Nylrivier weggesteek en die gety het hom na die farao se dogter gedra, wat hom aangeneem en hom deel van die farao se familie gemaak het. Die volgende veertig jaar is bestee om hom vir een van die grootste opdragte in die geskiedenis voor te berei: die eksodus. Die rivier het vir Moses van ‘n plek van hopeloosheid en wanhoop geneem na ‘n plek waar alle dinge moontlik geword het. God kan dit vir jou ook doen. 1) Die rivier van sy genade kan jou sondes uitwis, jou in die geregtigheid van Christus klee en jou in 'n nuwe verhouding met God bring. 2) Die rivier van sy krag kan jou van die plek van mislukking na die plek van oorwinning neem. 3) Die rivier van sy wysheid kan jou van die plek van foute en verwarring na die plek van visie en sukses neem. 4) Die rivier van sy voorsiening kan jou van die plek van gebrek na die plek van oorvloed neem. Dit kan beteken dat God jou dalk van diegene wat jou afbreek mag verwyder en jou met 'n nuwe vriendekring verbind, omdat hulle nie verstaan het wat Hy jou geroep het om te doen nie. Of jou in 'n kerk plaas wat jou geestelik kan opbou en jou kan help toerus om God se plan vir jou lewe te vervul. As slaaf kon Moses se ma hom nie aan farao se dogter voorgestel het nie. God kon egter. En Hy het. Wat God vir Moses gedoen het, sal Hy vir jou doen as jy Hom in gebed soek en sy instruksies volg.
4 Dec 2024 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min