Woord vir Vandag - 6 Des 2024

Loading player...
“Die bedoeling is dat ons nie deur die Satan uitoorlê word nie! Sy planne is mos nie aan ons onbekend nie!” 2 Korintiërs 2:11 NLV

Ontbloot Satan se planne (1)

Die Bybel noem Satan ‘n bedrieër. Wanneer iemand teen jou planne smee en jy onbewus daarvan is, kan jy nie voorsorgmaatreëls tref nie en gevolglik kry jy daardeur seer. Een van Satan se doeltreffendste planne is om sy invloed op ons lewens te onderspeel. Hy doen dit sodat hy ons kan uitoorlê. Die Bybel sê egter: ‘…Sy planne is mos nie aan ons onbekend nie!’ Een dag het ‘n gesprek tussen God en Satan oor die beskerming en seën oor Job se lewe plaasgevind. Satan het vir God gesê: ‘U het hom nog altyd net beskerm. En U het hom voorspoedig gemaak in alles wat hy aanpak… Maar vat nou alles wat hy het. Hy sal U verseker in u gesig vloek!’ (Job 1:10-11 NLV). God het dit toe gedoen en Satan het Job se finansies, sy kinders en sy gesondheid aangeval. Alhoewel Job se gedagtes met onbeantwoorde vrae gevul was, het sy vertroue in die goedheid van God sterk gestaan en het hy met twee keer soveel as tevore opgeëindig. ‘n Mens kan nie alles wat verkeerd gaan op Satan blameer nie, maar jy maak ‘n ernstige fout om nie bedag te wees wanneer hy in jou lewe aan die werk is nie, omdat hy jou dan kan oorwin. Hoekom? Omdat jy nie weet hoe om terug te veg en die wapens wat God jou gegee het, te gebruik nie. Jy het God se Woord: ‘…as swaard, die Gees, dit is God se woord’ (Efesiërs 6:17 NLV). As jy nie Satan as die bron van jou probleem identifiseer nie, is dit soos om geblinddoek te veg, met jou swaard wat in alle rigtings swaai in plaas daarvan om Satan te teiken en hom te verslaan.
5 Dec 2024 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min