Woord vir Vandag - 7 Des 2024

Loading player...
“Om staande te bly teen die listigheid van die duiwel moet julle God se gevegstoerusting aantrek.” Efesiërs 6:11 NLV

Ontbloot Satan se planne (2)

Die Bybel sê: ‘…Vind krag in julle verhouding met die Here… Om staande te bly teen die listigheid van die duiwel moet julle God se gevegstoerusting aantrek. Want ons stryd is nie teen mense nie, maar teen bose hemelse regeerders en maghebbers, teen die geeste wat mag in hierdie donker wêreld uitoefen, teen die bose geeste in die hemelruimtes’ (verse 10-12 NLV). Let op die woorde: ‘teen die geeste wat mag in hierdie donker wêreld uitoefen.’ Toe Daniël gebid het, het hy hierdie magtige geeste teëgekom: ‘…Daniël, jy moenie bang wees nie. Van die eerste oomblik af dat jy begin bid het om hierdie dinge te probeer verstaan en in nederigheid voor God gestaan het, is jou gebede al verhoor. Ek is juis hier in antwoord op jou gebed. Die beskermengel van die Persiese Ryk het my 21 dae lank gekeer om na jou toe te kom. Toe het Migael, een van die belangrikste leiers van die engele, my kom help…’ (Daniël 10:12-13 DB). Wanneer jy toegewyd daaraan is om ‘n pad met God te stap en sy wil te doen, sal Satan jou op elke hoek en draai probeer keer. As hy jou nie daarvan kan weerhou om tyd in gebed te bestee nie, sal hy probeer om jou gebede te blokkeer. Vir een-en-twintig dae lank het Daniël gewonder: ‘Here, U het vantevore my gebede beantwoord; hoekom antwoord U hulle nie nou nie?’ Daniël se antwoord was egter op pad. Joune is ook. Jy moet vasstaan op die Woord van God, in die almagtige en allesoorheersende naam van Jesus bid, weier om ongeduldig te word, weier om op te hou en weet dat God ons gebede hoor en beantwoord.
6 Dec 2024 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min