Woord vir Vandag - 8 Des 2024

Loading player...
“Dit is die god van hierdie bedeling wat die gedagtes van die ongelowiges verblind…” 2 Korintiërs 4:4 NLV

Ontbloot Satan se planne (3)

Jy kan 20/20 visie in die natuurlike wêreld hê en steeds blind in die geestelike wêreld wees en vir Satan se planne val. As jy egter na God in gebed draai, sal Hy jou oë oopmaak en jou ‘n strategie vir oorwinning gee. Let op wat gebeur het toe Elisa en sy dienaar in die stad Dotan wakker geword en deur vyandige leërs omsingel was: ‘Toe die dienaar van die man van God die volgende môre vroeg opstaan en buitetoe gaan, sien hy oral net troepe, perde en strydwaens. Benoud roep hy vir Elisa: ‘Ag Meneer, wat moet ons nou maak?’ ‘Moenie bang wees nie!’ sê Elisa vir hom. ‘Daar is meer aan ons kant as aan hulle kant!’ Toe bid Elisa: ‘Here, maak tog sy oë oop sodat hy kan sien!’ Die Here het sy dienaar se oë oopgemaak. Toe hy opkyk, sien hy dat daar baie perde en strydwaens van vuur op die heuwels rondom Elisa was. Toe die Aramese leër nader kom, bid Elisa: ‘Here, slaan hulle tog met blindheid!’ Die Here het gedoen soos Elisa gevra het’ (2 Konings 6:15-18 NLV). Vrees jy nederlaag? Is jy verward en weet nie wat om te doen nie? Voel jy dat die skanse teen jou opgestapel is en jy nie sal slaag nie? Die Bybel sê: ‘…die Gees wat in julle woon, [is] magtiger as die gees wat in die wêreld woon’ (1 Johannes 4:4 NLV). Raak alleen stil voor God en bid: ‘Here, maak my oë oop.’ Bly daar totdat Hy dit doen. Wanneer dit gebeur, sal jy ontdek dat die magte van die hemel aan jou kant is en dat jy die hemelse hulpbronne tot jou beskikking het. Hoe sal jy toegang daartoe verkry? Deur geloof!
7 Dec 2024 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min