Woord vir Vandag - 9 Des 2024

Loading player...
“…Hy het self kennis gedra van wat in ‘n mens aangaan.” Johannes 2:25 NLV

Weet wie om te vertrou

Ons word in die Skrif beveel om almal lief te hê, nie om almal te vertrou nie. Jesus is ons voorbeeld hierin. ‘…baie mense [het] in Hom begin glo toe hulle die wondertekens sien wat Hy gedoen het. Jesus self het egter nie op hulle staatgemaak nie omdat Hy alle mense ken… Hy het self kennis gedra van wat in ‘n mens aangaan’ (verse 23-25 NLV). Alhoewel Jesus Homself aan hulle gegee het en saam met hulle gelewe het, het Hy geweet dat hulle nie volmaak was nie. Hy het die menslike natuur verstaan en Hy het Homself nie op ‘n ongebalanseerde manier aan hulle toevertrou nie. Wanneer jy vertroue in mense plaas wat slegs in God geplaas behoort te word, stel jy jouself vir teleurstelling oop. Dis maklik om in die strik te trap om te dink dat sekere mense ons nooit sal seermaak nie, net om teleurgesteld te wees wanneer hulle nie aan daardie standaarde voldoen nie. Daar is basies twee tipes mense. Die eerste groep is die gebruikers. Solank as wat jou belange in lyn met hulle s’n is, is hulle betroubaar. Die tweede groep is die ware vriende. ‘Op ‘n vriend se lojaliteit kan jy altyd reken. Jou broer is gebore om jou te help wanneer daar probleme is’ (Spreuke 17:17 NLV). As gevolg van menslike swakhede, kan selfs ware vriende jou egter teleurstel. Hier is dus twee goeie reëls om volgens te lewe: 1) Vertrou, maar verifieer wanneer dit by mense kom. 2) Wanneer dit by God kom, ‘Vertrou op die Here met alles wat jy het. Moenie staatmaak op jou eie insigte nie. Vra na die wil van God in alles wat jy doen. Hy sal die regte pad vir jou wys’ (Spreuke 3:5-6 NLV).
8 Dec 2024 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min