Woord vir Vandag - 10 Des 2024

Loading player...
“Wees versigtig! Pas op vir die duiwel se aanvalle...” 1 Petrus 5:8 NLV
Die aanval gaan oor jou toekoms
Petrus skryf: ‘Wees versigtig! Pas op vir die duiwel se aanvalle. Hy is julle groot vyand. Hy loop rond soos ‘n brullende leeu, op soek na iets om te verslind. Hóm moet julle teenstaan deur standvastig in julle geloof te bly…’ (verse 8-9 NLV). Die woord Christus beteken: ‘die Gesalfde Een.’ As Christen, is jy deur dieselfde Gees wat op Christus gerus het, gesalf. Satan het vir Christus versoek en hy sal jou ook versoek. Wanneer hy jou aan die mislukkings in jou verlede herinner, is dit om jou te ontmoedig en jou te keer om na die toekoms wat God vir jou ingedagte het, uit te reik. Paulus het geskryf: ‘Deur wat Christus gedoen het, het ons ook deel van God se eie volk geword. Ons was vooraf daartoe bestem! Dit was God se doel! Hy het alles laat uitwerk soos Hy dit beplan en wou gehad het’ (Efesiërs 1:11 NLV). Dit beteken dat God jou gekies het om ‘n sekere doel te vervul, dat Hy ‘n spesifieke plan vir jou lewe het en dat Hy alles volgens daardie plan laat saamwerk. Satan weet dit ook; dis hoekom sy aanvalle nooit sal ophou nie. C.S. Lewis het gesê: ‘Daar is geen neutrale grond in die heelal nie; elke vierkante duim, elke breukdeel van 'n sekonde, word deur God geëis en deur Satan teengeëis.’ Daar is nie ‘n middeweg nie. Dis net ‘n kwessie van tyd voor jy kant moet kies. Dis verkieslik dat jy vooraf jou posisie beslissend bepaal, eerder as wat jou posisie by verstek vir jou gekies word. Dus, wanneer jy elke dag wakker word, trek vir oorlog aan en berei jou vir die geveg voor, met die wete dat jy in God se krag sal wen.
9 Dec 2024 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min