Woord vir Vandag - 11 Des 2024

Loading player...
“Geslag na geslag sal u dade prys en van u magtige werke vertel.” Psalm 145:4 NLV
Die invloed van ‘n goddelike grootouer
Fanny het op ses weke oud aan die hand van ‘n onbekwame dokter blind geword. Haar ouma Eunice het egter besluit dat Fanny nooit gestremd of ontneem sou voel nie. Eunice het jare daaraan toegewy om Fanny in allerhande dinge op te lei – sy het haar uit die Bybel geleer, haar gehelp om die natuur te verken en haar bygestaan om ‘n ongelooflike geheue te ontwikkel. Fanny het groot gedeeltes van die Bybel gememoriseer. Uit daardie skatkis van die Skrif het sy later van die mees geliefde gesange wat ons vandag sing, gekomponeer. ‘Blessed Assurance,’ ‘To God Be the Glory,’ ‘All the Way My Saviour Leads Me,’ en ‘He Hideth My Soul.’ Timoteus het ‘n ouma, genaamd Loïs, gehad, wie se gebede en voorbeeld gehelp het om hom te vorm om as die apostel Paulus se opvolger op te tree. Paulus skryf: ‘Ek weet dat jy die Here opreg vertrou, want jy het dieselfde geloof as jou ma, Eunice, en jou ouma Loïs’ (2 Timoteus 1:5 NLV). Moet nooit die invloed wat jy as grootouer het, onderskat nie. Soos jy jouself aan jou kleinkinders toewy, mag jy dalk besig wees om dienaars van die Here te vorm. Indien jy ‘n grootouer is, eis hierdie belofte uit die Skrif op: ‘Geslag na geslag sal u dade prys en van u magtige werke vertel.’ Miskien het jou kinders jou teleurgestel en maak nie jou kleinkinders in die Here se weë groot nie. Moenie moedeloos word nie en moenie tou opgooi nie. ‘Ek het gesoek na iemand.... wat voor My in die gaping in die muur kon staan…’ (Esegiël 22:30 NLV). Jou gebede is God se uitnodiging en ingangspunt in beide jou kinders en jou kleinkinders se lewens. Staan dus in die gaping en glo God vir jou familie se verlossing.
10 Dec 2024 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min