Woord vir Vandag - 12 Des 2024

Loading player...
“…Doen liewers goeie dinge sodat ander mense kan sien dat julle God dien.” Romeine 12:17 DB
Wees eerlik in die klein dinge, en alle dinge
In sy gedig, The Road Not Taken, skryf Robert Frost: ‘Two roads diverged in a wood, and I - I took the one less travelled by, and that has made all the difference.’ Ongelukkig is die pad wat deesdae selde gekies word die pad van eerlikheid in die klein dinge en eerlikheid in alle dinge. Volgens Psychology Today, erken 70 persent van hoërskoolleerlinge en amper die helfte van universiteitstudente dat hulle al in toetse of eksamens gekul het. USA Today sê dat 91 persent van Amerikaners gereeld leuens vertel. Ons samelewing sê: ‘As jy sukses wil behaal, moet jy ‘n paar reëls breek.’ Die Bybel waarsku ons egter: ‘…Dit is die klein jakkalsies wat die wingerd verniel…’ (Hooglied 2:15 NLV). Salomo verwys hier na klein sondes wat ons eetlus aanwakker, ons waardes verdraai en tot groter sondes lei. Matthew Henry skryf: ‘Adam wat die verbode vrug eet lyk dalk na ‘n klein sonde, maar dit het die deur na die grootste sonde oopgemaak.’ Word jy in die versoeking gebring om jou karakter in gevaar te stel? Word jy versoek om klasmaats te mislei? Word jy onder druk geplaas om oneerlik by die werk te wees? Is jy vasgevang in ‘n ‘onskuldige klein verhouding’? Die evangelis Charles Finney het gesê: ‘Iemand wat oneerlik in die klein dinge is, is nie regtig in enigiets eerlik nie.’ Een van die grootste beloftes wat in die Skrif gemaak word, is aan diegene wat in klein dingetjies getrou is: ‘…Uitstekend!.. In die kleine het jy jou betroubaar bewys. Daarom gaan ek nog baie groter verantwoordelikhede aan jou toevertrou…’ (Matteus 25:21 NLV). Pas jou gedagtes op; hulle word jou dade. Pas jou dade op; hulle vorm jou karakter. Pas jou karakter op; dit bepaal jou lotsbestemming.
11 Dec 2024 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min