Woord vir Vandag - 14 Des 2024

Loading player...
“…Ja, ek het gedans voor die Here…” 2 Samuel 6:21 NLV
Loof God met volle oorgawe (2)
Ware lofprysing verg om minder selfbewus en meer Godbewus te wees. Nadat sy gekyk het hoe hy voor die Here dans, het Dawid se vrou hom goed uitgetrap: ‘…Hoe eerbiedwaardig het die koning van Israel vandag opgetree! Hy het homself voor die slavinne ontbloot soos ‘n skaamtelose mens sou doen!’ (vers 20 NLV). Dawid het haar geantwoord: ‘…Ja, ek het gedans voor die Here… Hy het my aangewys as heerser oor Israel, die volk van die Here. En ek sal myself nog meer verneder: Ek sal myself volgens jou siening nog geringer ag en steeds geëer word deur die slavinne van wie jy praat!’ (verse 21-22 NLV). Dawid het ons van ‘n illustrasie van ware lofprysing voorsien. Lofprysing is om die dinge waarin ons ons identiteit en sekuriteit buite ons verhouding met Christus vind, uit te trek. Dit is die wete dat ons eie geregtigheid soos vuil lappe in God se oë is. Aanbidding gaan nie oor wat ons vir God kan doen nie, maar oor wat God vir ons gedoen het. Hy het ons liefgehad, ons gered en ons met die geregtigheid van Christus geklee. Die Bybel sê dat ons God op nege verskillende maniere kan aanbid: deur te praat, uit te roep, te sing, ons hande te klap, musikale instrumente te speel, ons hande voor die Here op te lig, te kniel, op die grond in sy teenwoordigheid te lê en deur voor Hom te dans. Dawid het gesê: ‘Ek sal te alle tye die Here loof. Sy lof sal altyd op my lippe wees… Ek het tot die Here gebid en Hy het my geantwoord. Hy het my bevry van alles waarvoor ek bang is’ (Psalm 34:2; 5 NLV). Die woord vir jou vandag is dus – loof God met volle oorgawe.
13 Dec 2024 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min