Woord vir Vandag - 16 Des 2024

Loading player...
“As jy heeldag na die wind kyk, sal jy nooit saai nie. En as jy na die wolke kyk, sal jy nooit oes nie.” Prediker 11:4 NLV
Vertrou God en gaan tot aksie oor
Daar is ‘n tyd om versigtig te wees en ‘n tyd om risiko’s te neem. Dit verg onderskeidingsvermoë om die verskil te ken. As jy vir die perfekte omstandighede wag voor jy ‘n geleentheid aangryp, sal jy totdat jy doodgaan huiwer. Die Bybel sê: ‘As jy heeldag na die wind kyk, sal jy nooit saai nie. En as jy na die wolke kyk, sal jy nooit oes nie.’ Dikwels is die enigste ding wat tussen jou en die vervulling van jou droom staan, ‘n verskoning: ‘Ek is te besig… Ek het nie genoeg geld nie… Ek het nie die regte kwalifikasies nie… Ek is nog nie gereed nie… Ek het baie probleme.’ Niemand is egter ooit heeltemal gereed nie. Net voor Christus se eerste wonderwerk het Hy ‘n sweem van huiwering getoon: ‘…My tyd het nog nie gekom nie’ (Johannes 2:4 NLV). Jesus het egter ‘n moeder gehad wat Hom lief genoeg gehad het om Hom te oortuig. In sy boek Jump In! beskryf Mark Burnett sy pad as ‘n prominente TV-vervaardiger. Hy het trefferprogramme soos Survivor en The Apprentice geskep. Hy skryf: ‘Niks sal ooit perfek wees nie en niks kan ooit heeltemal beplan word nie. Die beste waarvoor jy kan hoop is om omtrent vyftig persent seker van jou plan te wees en te weet dat jy en jou span gewillig is om hard genoeg te werk om die onvermydelike probleme soos hulle opduik, te kan oorkom.’ Moet dus nie na die wind en die wolke kyk nie. Nadat jy gebid het en jouself voorberei het, is dit tyd om God te vertrou en tot aksie oor te gaan.
15 Dec 2024 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min