Woord vir Vandag - 17 Des 2024

Loading player...
“Nietemin het God doelbewus dit wat vir die wêreld na dommigheid gelyk het, uitgekies om die slim mense skaam te maak…” 1 Korintiërs 1:27 NLV
Wees gewillig om dwaas te lyk
‘n Pastoor skryf: ‘Opname na opname het bevind dat die meeste mense se grootste vrees is om ‘n toespraak in die publiek te lewer. Dood is die tweede grootste vrees. Dit beteken dat sommige mense eerder sal sterf as om in die publiek te praat. Hoekom? Dis die vrees om dwaas te lyk. Geloof is egter die gewilligheid om dwaas te lyk. Noag het dwaas gelyk toe hy ‘n ark in die woestyn gebou het. Sara het dwaas gelyk toe sy op negentig begin babaklere koop het. Die Israeliete het dwaas gelyk toe hulle met trompette om Jerigo geloop het. Dawid het dwaas gelyk toe hy Goliat met ‘n slingervel aangeval het. Die wyse manne het dwaas gelyk toe hulle agter ‘n ster aangeloop het. Jesus het dwaas gelyk toe Hy halfnaak aan die kruis gehang het. Dis egter die kern van geloof. Die resultate spreek vir hulself. Noag is uit die vloed gered. Sara het geboorte aan Isak gegee. Jerigo se mure het ineengestort. Dawid het Goliat verslaan. Die wyse manne het die Messias gevind. Jesus het uit die dood opgestaan. Die grootste deurbrake, wonderwerke en omdraaipunte in die Skrif kan na iemand wat bereid was om dwaas te lyk, nagespeur word. Lees die volgende Skrifgedeelte: ‘’My gedagtes is anders as julle s’n, en julle paaie is nie my paaie nie,’ sê die Here. ‘Want soos die hemel hoër is as die aarde, so is wat Ek doen, hoër as wat julle doen, en my gedagtes hoër as julle gedagtes’ (Jesaja 55:8-9 NLV). Hier is dus jou keuse: Lewe volgens aardse denke en wyses en word deur mense aanvaar, of lewe volgens hemelse denke en wyses en word deur God aanvaar. Wanneer jy dit uit hierdie perspektief sien, is jou keuse duidelik.
16 Dec 2024 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min