Woord vir Vandag - 18 Des 2024

Loading player...
“Geseënd is die mens wat omgee vir die armes…” Psalm, 41:2 NLV
‘n Hart vir ander mense
Op 18 Desember, 1933 het ‘n vreemde advertensie in ‘n koerant in Canton, Ohio verskyn. ‘Man wat depressie se angel gevoel het wil 75 ongelukkige gesinne help. ‘n Anonieme Gewer slegs bekend as ‘B. Virdot,’ wil $750 weggee om die Kersgevoel te versprei.’ Al wat die leser moes doen, was om ‘n brief waarin hulle hul benarde toestand beskryf, te pos. Die briewe het ingestroom. Binne ‘n week het die tjeks by huise regoor die area begin aankom. Die meeste was beskeie, omtrent vyf dollars, en almal was deur ‘B. Virdot’ geteken. Gedurende die daaropvolgende jare wat die verhaal vertel is, het die identiteit van die filantroop onbekend gebly. Tot sy kleinseun in 2008, lank na sy dood, 'n gehawende swart tas, wat stof op sy ouers se solder versamel het, oopgemaak het. Daarin het hy die briewe gedateer Desember 1933 saam met 150 bewyse van die tjeks wat gestuur is, gevind. Dit blyk toe dat B. Virdot regtig Samuel J. Stone was en dat die skuilnaam ‘n vermenging van Barbara, Virginia en Dorothy, die name van sy dogters, was. Interessant genoeg was daar niks bevoorreg aan Sam Stone nie. Hy was vyftien toe sy gesin uit Roemenië geëmigreer en hulle in 'n krotbuurt in Pittsburgh gevestig het. Sam se pa het sy skoene weggesteek sodat hy nie skool toe kon gaan nie, wat hom en sy ses broers en susters gedwing het om sigare op die solder te rol. Uiteindelik het Sam die huis verlaat om eers op ‘n skip en later in ‘n steenkoolmyn te werk. Teen die tyd dat die Groot Depressie getref het, het hy ‘n paar klerewinkels besit en in relatiewe gemak gewoon. Hy het nietemin ’n hart vir ander gehad - en sy optrede het dit bewys. Kan dieselfde van jou gesê word?
17 Dec 2024 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min