Woord vir Vandag - 19 Des 2024

Loading player...
“…Ek lei hulle op paaie wat vir hulle onbekend is…” Jesaja 42:16 NLV
Is jy geroep om te gaan of te bly?
Soms beteken dit dat jy ‘n veilige en winsgewende loopbaan moet agterlaat wanneer jy God begin volg. Moses het ‘n paleis verlaat, Elisa het ‘n plaas verlaat en Jakobus en Johannes het hulle vissersbote agtergelaat. Soms beteken dit om God te volg egter om te bly waar jy is en elke geleentheid ten volle te gebruik om God se koninkryk te bevorder. Toe Dawid van die geveg teruggekeer het wou sommige van sy soldate nie die buit met diegene wat agtergebly het, deel nie. Dawid het egter gesê: ‘…Nee, ons deel gelykop: dié wat die pakgoed opgepas het, kry net soveel as dié wat gaan veg het’ (1 Samuel 30:24 NLV). Jy moet God vra of jy moet gaan en of jy moet bly. Dis verstommend hoe baie mense nie hou van wat hulle vir ‘n lewe doen nie. Hoekom doen hulle dit dan? Omdat ons almal moet lewe en uitgawes het om te betaal. Wat as God jou egter roep om iets anders te doen? Jy mag dalk nie suksesvol wees nie. Of besef dat jy nie soveel daarvan hou as wat jy verwag het nie. Of nie so baie geld maak nie. Die groter risiko is egter om te bly wanneer God jou roep om te gaan. Hoekom? Spyt! Die wete dat jy nooit probeer het om dit te doen waarvoor God jou geroep het nie. Jy sê: ‘Ek het baie onbeantwoorde vrae en daar is baie wat ek nie weet nie.’ Lees die volgende Skrifgedeelte: ‘…Ek lei hulle op paaie wat vir hulle onbekend is. Ek maak die donkerte voor hulle helder lig, en die ongelyk plekke maak Ek gelyk. Ek gaan dit alles doen, en hulle nie alleen los nie!’ (Jesaja 42:16 NLV).
18 Dec 2024 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min