Woord vir Vandag - 20 Des 2024

Loading player...
“Dis my begeerte om u wil te doen, my God…” Psalm 40:9 NLV
Doen God se wil
Om God se wil te doen kan moeilik wees, maar dit bring altyd vervulling en beloning mee. Dawid se familie het ‘n teensin in hom gehad, sy baas het hom verraai en van sy vriende het hom verwerp. Tog kon hy sê: ‘Dis my begeerte om u wil te doen, my God…’ Om jou Godgegewe lewensdoel te bereik, moet jy passievol wees. Passie gee jou elke keer ‘n voordeel. Een persoon met passie is meer effektief as nege-en-negentig ander wat net ‘n belang het. Passie gee jou energie en laat jou aanhou wanneer ander mense tou opgooi. Nie net sal God vir jou ‘n passie vir sy wil gee nie, maar jy sal ook vermoëns wat jy nie geweet het jy het nie, ontdek. Sommige van ons het inherente vermoëns en ons weet wie ons is en wat om te doen. Ander moet weer hard werk om hierdie ontdekkings te maak. Jou doel moet wees om so min as moontlik van jou lewe te mors. Daar is 'n groot verskil tussen ‘n Godgegewe droom wat jou dryf om te presteer en om ‘n idee wat geen verband met wie jy is en wat jy geroep is om te doen, sommer net uit die lug te gryp. Net soos ‘n soldaat op die voorste linies in konstante kommunikasie met die hoofkwartiere moet bly, so moet jy elke dag bid en God se Woord ondersoek. Wanneer jy weet dat jy doen wat God jou geroep het om te doen, sal jy vreugde te midde van smart, vrede te midde van konflik en selfvertroue wanneer alles rondom jou uitmekaar uit val, ervaar. Niks, absoluut niks, is belangriker as die wete dat jy God se wil doen nie.
19 Dec 2024 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min