Woord vir Vandag - 21 Des 2024

Loading player...
“En al het jy met min begin, sal jy met baie eindig.” Job 8:7 NLV
Reik na uit jou potensiaal
Jou persoonlike potensiaal is wat jy kan wees – die persoon wat jy kan word. God, wat die einde van die begin af sien, weet wat jou potensiaal is en sal jou help om dit te bereik. Jy moet egter jou deel doen. Jy moet wil groei en jouself elke dag daaraan verbind. Groei is ‘n pad wat nooit eindig nie: ‘Hulle kragte sal vermeerder…’ (Psalm 84:8 NLV). Net soos jou DNA van elke ander persoon verskil, so verskil jou pad van persoonlike groei. Om jou Godgegewe doel te ontdek, moet jy in geestelike bewustheid groei. Om ‘n beter persoon te wees, moet jy in karakter groei. Om vordering in jou loopbaan te maak, moet jy jou vaardighede ontwikkel. Om ‘n beter eggenoot of ouer te wees, moet jy jou verhoudingsvaardighede verbeter. Om jou finansiële doelwitte te bereik, moet jou begrip van hoe geld werk, groei. Die aspekte van groei verskil van individu tot individu, maar die beginsels bly dieselfde. As jy ernstig daaroor is om te groei, moet jy dit wat jy leer by jou roetine integreer. Jy kan nie jou lewe verander totdat jy iets wat jy elke dag doen, verander nie. Groei vind slegs plaas wanneer kennis ervaring word. Dis hoekom dit so belangrik is om ‘n joernaal van jou groei te hou. Dit help jou om te sien hoe ver jy al gekom het, wat jy geleer het, die mate waarin jy verander het en hoe ver jy nog het om te gaan. As jy aanhou om vir baie jare te leer en daagliks te groei, sal jy verstom wees oor hoe ver dit jou sal neem. ‘En al het jy met min begin, sal jy met baie eindig.’
20 Dec 2024 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min