Woord vir Vandag - 22 Des 2024

Loading player...
“Verkonding die woord van God. Hou daarmee vol, of die tyd daarvoor geleë is of nie …” 2 Timoteus 4:2 NLV
‘Moenie steur nie’
Paulus het vir Timoteus in sy opleiding vir die bediening gesê: ‘Verkonding die woord van God. Hou daarmee vol, of die tyd daarvoor geleë is of nie. Jy moet jou mense met geduld reghelp, weerlê en bemoedig met gesonde onderrig.’ Die meeste hotelle het ‘n bord wat jy op jou kamerdeur kan sit wat sê: ‘Moenie steur nie.’ Daardie bord op jou deur beteken jy wil ontspan, slaap of nie gepla word nie. Om daardie bordjie aan jou hotelkamer se deur te hang is aanvaarbaar, maar om dit aan jou lewe te hang is nie. Het jy al agtergekom dat God nie altyd dinge volgens ons rooster of op maniere wat vir ons gerieflik is, doen nie? Paulus het vir Timoteus gesê dat hy geroep is om die Here te dien, ‘of die tyd daarvoor geleë is of nie.’ Ons moet onthou dat dit wat God ons vra om te doen, altyd die moeite werd is, maak nie saak wat se ongerief of moeilikheid ons in die proses teëkom nie. Hy sal altyd ook vir ons ‘n manier gee om sy wil uit te voer wanneer ons aan Hom gehoorsaam is. Die Bybel sê: ‘Dit is waarom die mense wat deur hulle sondige natuur beheer word, God nooit gelukkig kan maak nie’ (Romeine 8:8 NLV). Die sondige natuur van die vlees behaag God nie. Dit beteken nie dat God nie lief is vir ons nie. Wat dit wel beteken is dat Hy nie tevrede sal wees met gedrag wat deur ons sondige natuur beheer word of dit ooit sal aanvaar nie. Verwyder dus jou ‘Moenie steur nie’ bord en wy jouself daaraan toe om in geloof te wandel, want dit is die pad na seën.
21 Dec 2024 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min