Woord vir Vandag - 23 Des 2024

Loading player...
“Toe Josef wakker word, het hy gemaak soos die engel van die Here hom beveel het…” Matteus 1:24 NLV
Lesse uit Josef se lewe (1)
Jy kan die evangelies deursoek en nie ‘n enkele woord wat deur Jesus se aardse vader, Josef, gespreek is, vind nie. Hy is egter onvervangbaar in die verhaal van Jesus se geboorte. God het Josef gebruik om die lewe van die Redder te beskerm en te bewaar. Kom ons kyk vandag na die les wat ons uit Josef se lewe kan leer: Jy is verantwoordelik om God se ongebore doelwitte en beloftes in jou lewe te beskerm. Tans is daar ‘n deel van God se wil wat nog onbekend in jou lewe is. ‘n Belofte wat nog vervul moet word. ‘n Woord wat nog gerealiseer moet word. ‘n Bediening wat nog bekendgestel moet word. ‘n Familielid wat nog gered moet word. Dit is goddelike doeleindes wat tans onsigbaar en ongebore is, wat dopgehou en beskerm moet word sodat hulle kan plaasvind. Net soos Herodes beveel het dat elke Hebreeuse babaseuntjie onder twee jaar doodgemaak moes word om Jesus te elimineer, net so sal Satan alles doen wat hy kan om te keer dat God se plan en doelwit in jou lewe en die lewens van jou geliefdes vervul word. Dit sal jou help verstaan dat die stryd nie oor jou verlede of jou hede gaan nie – maar oor jou toekoms. Wat staan jou dus te doen? Wees eerstens op jou hoede. ‘Wees versigtig! Pas op vir die duiwel se aanvalle. Hy is julle groot vyand. Hy loop rond soos ‘n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind’ (1 Petrus 5:8 NLV). Tweedens moet jy oor jou lewe en jou geliefdes se lewens bid: ‘Ek het gesoek… na iemand wat voor My in die gaping in die muur kon staan…’ (Esegiël 22:30 NLV).
21 Dec 2024 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min