Woord vir Vandag - 25 Des 2024

Loading player...
“…Daarop verskyn ‘n engel van die Here in ‘n droom aan [Josef]…” Matteus 1:20 NLV
Lesse uit Josef se lewe (3)
In Josef se lewe sien ons drie sleutels om God se doel en beloftes in ons lewens te vervul. Die eerste sleutel is genade. Kom ons kyk na die tweede sleutel: geloof. ‘Terwyl hy dit in gedagte gehad het, het daar ‘n engel van die Here in ‘n droom aan hom verskyn en gesê: ‘Josef seun van Dawid, moenie bang wees om met Maria te trou nie, want wat in haar verwek is, kom van die Heilige Gees’’ (vers 20 AFR83). Josef wou sy verlowing met Maria privaat verbreek. Toe het God vir hom die goddelike plan vertel. Wat was Josef se deel? Om geloof in die moeilikste omstandighede uit te oefen. Om God te vertrou toe die situasie nie verstaanbaar of rasioneel verduidelik kon word nie. God het vir hom vier dinge gewys: 1) God het hom aan sy identiteit herinner: ‘Josef seun van Dawid.’ God wil hê dat jy moet weet wie jy ‘in Christus’ is (sien Efesiërs 1:18-19). 2) God het Josef verseker dat hy nie bang hoef te wees nie. Wat het Josef in staat gestel om sy vrees te oorkom en vorentoe te beweeg? Om van God te hoor. Om ‘n woord van die Here te hê waarop hy kon staan. Dis wat jy ook nodig het (sien Jesaja 30:21). 3) God het vir Josef rigting gegee. Hy moes Maria as sy vrou neem, ‘n vader vir die kind wees en Hom Jesus noem. Wat is die les vir jou? Wees onderrigbaar en volg God se instruksies. Dis deur geloof en gehoorsaamheid wat jy jou Godgegewe lotsbestemming sal bereik. 4) God het vir Josef verseker dat Hy in die situasie aan die werk was. Wanneer jy dit weet, kan jy vrede in jou hart en ‘n nuwe perspektief ervaar.
24 Dec 2024 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min