Woord vir Vandag - 26 Des 2024

Loading player...
“Toe Josef wakker word, het hy gemaak soos die engel van die Here hom beveel het…” Matteus 1:24 NLV
Lesse uit Josef se lewe (4)
Daar is goddelike doelwitte wat getrou bewaak en beskerm moet word om vervul te kan word. Josef gee ons drie sleutels om God se beloftes te vervul. Die eerste sleutel is genade en die tweede sleutel is geloof. Kom ons kyk na die derde sleutel: gehoorsaamheid. ‘Toe Josef wakker word, het hy gemaak soos die engel van die Here hom beveel het. Hy het Maria as sy vrou by hom in die huis geneem, maar hy het nie by haar geslaap totdat haar Seun gebore is nie. En hy het Hom Jesus genoem’ (verse 24-25 NLV). Josef was aan God gehoorsaam toe die omstandighede, menslik gesproke, nie sin gemaak het nie. Hy het God gehoorsaam toe sy gedagtes vol twyfel was. Hy het God gehoorsaam terwyl sy emosies in ‘n warboel was. Hy het God gehoorsaam toe dit beteken het dat hy sy huis moet verlaat en in Egipte moet gaan bly totdat Herodus dood is. Vir Josef het dit beteken om ‘n gevestigde besigheid en familie en vriende agter te laat. Dit het beteken dat hy in ‘n land moes gaan woon waar hy nie die taal verstaan of gepraat het nie. Hy het ook nie geweet hoe lank hulle daar sou moes bly nie: Weke? Maande? Jare? Alhoewel Egipte ‘n moeilike plek was om in te woon, was dit ‘n plek van gehoorsaamheid. God se beloftes word in plekke van gehoorsaamheid beskerm. God se beloftes aan ons word in plekke van gehoorsaamheid vervul. God openbaar sy wil in plekke van gehoorsaamheid aan ons. Wonderwerke gebeur in plekke van gehoorsaamheid. Voorsiening vind op plekke van gehoorsaamheid plaas. Ons is veilig in plekke van gehoorsaamheid. Wag jy vir ‘n belofte om vervul te word? Soek jy ‘n antwoord op gebed? Gebruik die sleutels van genade, geloof en gehoorsaamheid.
25 Dec 2024 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min