Woord vir Vandag - 27 Des 2024

Loading player...
“’Ek weet wat Ek vir julle beplan het,’ sê die Here. ‘Ek beplan voorspoed vir julle… Ek wil hê dat julle hoop vir die toekoms moet hê.’” Jeremia 29:11 NLV
God het ‘n plan vir jou lewe
Paulus was heeltemal toegewyd aan wat God hom geroep het om te doen. Is jy? Ons is gewoonlik ons eie grootste vyande wanneer dit by struikelblokke tot sukses kom. Dit sal jou iets kos om die nodige stappe te neem om ‘n Godgegewe droom te vervul. Jy sal hard moet werk. Jy sal opofferings moet maak. Jy sal moet aanhou leer, groei en verander. Is jy gewillig om dit te doen? Die meeste mense is nie. Vra mense wanneer hulle dit wat hulle wil doen gaan doen, en meeste sal antwoord dat hulle hoop om dit ‘eendag’ te doen. Hoekom nie nou nie? Omdat jy nie gereed is nie? Miskien is jy nie. Maar as jy wag totdat jy gereed is, mag jy dit dalk nooit doen nie. Jy word gereed deur te begin. As jy gewillig is om te begin, is daar ‘n paar dinge waarop jy kan staatmaak: Eerstens, sal dit anders wees as wat jy gedink het. Tweedens, sal dit moeiliker wees as wat jy gedink het. Derdens, sal dit beter wees as wat jy gedink het. Mark Twain het gesê dat die twee grootste dae in ‘n mens se lewe is die dag waarop mens gebore word, en die dag wanneer jy ontdek hoekom jy gebore is. As jy wil ontdek hoekom jy gebore is, moet jy tyd met God bestee. Sy Woord sê: ‘’Ek weet wat Ek vir julle beplan het,’ sê die Here. ‘Ek beplan voorspoed vir julle, nie teëspoed nie. Ek wil hê dat julle hoop vir die toekoms moet hê. Julle sal na My roep en kom bid. Ek sal na julle luister. As julle heelhartig na My soek, sal julle My vind’’ (verse 11-13 NLV).
26 Dec 2024 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min