Woord vir Vandag - 28 Des 2024

Loading player...
“By U kruip ek weg, want U is baie sterk, U pas my goed op. Ek wag op u Woord om my sterk te maak.” Psalm 119:114 DB
Jou stiltetyd (1)
Wat weerhou jou daarvan om gereelde stiltetyd met God te hou? Miskien voel die gedagte daaraan as nog ‘n ‘moet’ op die oneindige kontrolelys van jou lewe. Dus dink jy: ‘Miskien later, wanneer die lewe nie so besig is nie.’ Ons moet die mites en onpraktiese verwagtinge wat die vyand gebruik om te verhoed dat ons die vreugde ervaar om Jesus te ken en deur Hom geken te word, laat gaan. Dawid het geskryf: ‘Een ding vra ek van die Here, en dit sal ek bly soek: om in die huis van die Here te bly al die dae van my lewe, om my te verbly in sy goedheid, en in sy tempel daaroor na te dink. Want as gevaar dreig, sal Hy my wegsteek. Hy sal my in sy woning verberg. Hy sal my op ‘n hoë rots laat staan. Dan sal ek my kop hoog oplig bokant my vyande wat my omring… U het vir my hart gesê: ‘Kom en dien My.’ Ek antwoord: ‘Here, ek kom U dien’’ (Psalm 27:4-6, 8 NLV). Toe Dawid hierdie woorde geskryf het, was daar nie ‘n tempel of ‘n ‘huis van die Here,’ nie. Wat het hy dus bedoel? Dat God so naby aan jou as ‘n gebed is; dat jy enige tyd en enige plek die Here kan soek, jou in Hom kan verbly, oor Hom kan nadink en met Hom kan praat. Wanneer jy stiltetyd hou, beteken dit dat jy jou van mense, druk en probleme kan onttrek en nuwe krag by die Here kan kry deur met Hom in jou hart en gedagtes te kommunikeer. Dit kan enige plek en enige tyd gebeur.
27 Dec 2024 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min