Woord vir Vandag - 29 Des 2024

Loading player...
“Hierdie Hoëpriester van ons kan ten volle met ons in ons swakhede saamvoel…” Hebreërs 4:15 NLV
Jou stiltetyd (2)
Een van Satan se suksesvolste strategieë om ons van ons stiltetyd met God te weerhou, is om ons aan ons sondes en tekortkominge te herinner. Dis ‘n leuen; moet dit nie glo nie. In die Ou Testament het die hoëpriester na die Allerheiligste gegaan om vir die mense se sondes versoening te doen. Wanneer hy daar uitgekom het, het die mense gejuig, omdat hulle geweet het dat God hulle ten volle aanvaar. Met dit in gedagte, lees die volgende Skrifgedeelte: ‘[Jesus] kan ten volle met ons in ons swakhede saamvoel, wat Hy moes presies dieselfde versoekings as ons trotseer – behalwe dat Hy nie voor die sonde geswig het nie. Kom ons gaan dan met volle vrymoedigheid na die troon van ons genadige God. Hy sal aan ons sy deernis en onverdiende goedheid bewys sodat ons op die regte tyd gehelp sal word’ (verse 15-16 NLV). Nog ‘n leuen wat Satan jou sal vertel om jou van stiltetyd weg te hou, is dat die heiliges in die geskiedenis elke dag ure bestee het om die Skrif te bestudeer en te bid. Dis waar, en eendag mag jy dalk soos hulle word. Wat moet jy dan intussen doen? Begin klein, maar begin net! Pastoor Greg Laurie sien geestelike honger as die teenoorgestelde van fisiese honger: ‘Wanneer jy fisies honger is, eet jy en jy is tevrede. Wanneer jy egter geestelik honger is, is dit eers wanneer jy begin eet wat jy ontdek hoe honger jy eintlik is!’ Wanneer jy dus nie jou stiltetyd met God hou nie, moet jy nie skuldig voel nie, jy moet honger voel. Wanneer jy: ‘Smaak en sien dat die Here goed is’ (Psalm 34:9 AFR53), sal jy meer en meer tyd met Jesus wil bestee – wat wonderlik is, want Hy verlang na tyd saam met jou.
28 Dec 2024 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min