Woord vir Vandag - 30 Des 2024

Loading player...
“…Vernuwe my lewe volgens u woord.” Psalm 119:107 NLV
Jou stiltetyd (3)
Toe alles in die Psalmdigter se lewe uitmekaar begin val het, het hy gebid: ‘…Vernuwe my lewe volgens u woord.’ Dis wat jou stiltetyd met God doen. Hoekom het ons dus nie ‘n gereelde stiltetyd met God nie? Twee redes: 1) Ons dink ons stiltetyd moet ‘n lang tyd neem. Begin klein. Bespreek vyf minute om jou Bybel oop te maak en oor ‘n kort gedeelte van die Skrif te mediteer. Gesels met God daaroor. Vertel vir Hom jou behoeftes en vra die Heilige Gees om jou deur die hele dag te lei. Goeie Nuus! Jy het so pas ‘n stiltetyd ervaar! Herhaal dit môre. Soos jou geestelike eetlus groter word, sal jy agterkom dat jy meer tyd daarvoor eenkant sit – tien minute, dan twintig en dan al hoe langer. 2) Ons dink ons stiltetyd moet vry van alle geraas wees! In plaas daarvan om die gewoel en rumoer te vermy, wil Jesus daar met jou in verbinding tree. Begin kreatiewe maniere kry om die hele dag lank in verbinding met die Here te tree. Luister na lofsange terwyl jy die huis skoonmaak en sing saam. Bid in die Gees. Dink aan verskillende verse in die Skrif. ‘Pak alles gemotiveerd aan. Werk soos vir die Here…’ (Kolossense 3:23 NLV). Luister na die Bybel terwyl jy bestuur – daar is uitstekende toeps beskikbaar. Bid terwyl jy oefen – ontwikkel jou geestelike spiere! Neem God uit vir ‘n koffie – doen jou Bybelstudie by ‘n koffiewinkel. Gaan stap saam met Jesus – bid vir ander mense en dank God vir die natuur se skoonheid. Verwelkom Hom in jou roetine en die alledaagse sal in heilige oomblikke verander. Gee die Heilige Gees toestemming om jou te onderbreek en doen dan wat Hy sê. Anders gestel – doen die lewe saam met Jesus.
29 Dec 2024 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min