Woord vir Vandag - 31 Des 2024

Loading player...
“Ek het tot die Here geroep. Vanaf sy heilige berg het Hy geantwoord. Sela.” Psalm 3:5 NLV
Jou stiltetyd (4)
Soms het Jesus vroeg opgestaan om te gaan bid; ander kere het Hy heelnag gebid. Jou stiltetyd kan dus in die oggend, aand of watter tyd ook al vir jou werk, wees. God nooi jou uit om enige tyd van die dag of nag tyd met Hom te bestee. Dawid het gesê: ‘Ek het tot die Here geroep. Vanaf sy heilige berg het Hy geantwoord. Sela.’ Hierdie woord ‘Sela’ verskyn een-en-sewentig keer in die Psalms. Dit beteken om te stop en te dink. Daar is nie ‘n spesifieke tydsduur wat hierdie pouse moet wees nie. Dit word aan die individu oorgelaat. Sela. Dis ‘n oproep om te rus en te reflekteer, om stil te wees en diep asem te haal, om in die oomblik te wees en vir ‘n rukkie daar te bly. Die Sela-gedagte blyk die kern van stiltetyd met God te wees. Wanneer die Here: ‘Sela,’ sê, sê Hy: ‘Stop en kom sit by my voete. Jy behoort aan My.’ Wat ‘n uitnodiging! Dis alles waarna jy verlang en alles wat jy nodig het. Glo dit of nie, die mense wat dit die moeilikste vind om doen, is diegene wat in die bediening is. Soos Marta, blink hulle uit wanneer dit by diensbaarheid kom. Die gevaar om baie dinge vir die Here te doen, is dat ons voel dat dit ons verskoon om by sy voete te sit en tyd saam met Hom, soos Maria gedoen het, deur te bring. As jy nalatig of inkonsekwent hierin is, herstel jou stiltetyd met die Here en weier dat enigiets jou daarvan weerhou.
30 Dec 2024 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min