Woord vir Vandag - 1 Jan 2025

Loading player...
“...Vergewe mekaar soos God julle vergewe het…” Efesiërs 4:32 NLV
Begin deur te vergewe
As jy die nuwe jaar graag met ‘n skoon bladsy wil begin en ligter deur die lewe wil reis, moet jy die ou wrokke wat jou afrem laat gaan. Philip Yancey beskryf vergifnis as ‘n ‘onnatuurlike aksie.’ Hy sê: ‘Dis ‘n ‘hond-eet-hond’ wêreld, nie ‘n ‘hond-vergewe-hond’ wêreld nie.’ Bitterheid en haat kom van nature voor wanneer jy seergemaak is. Vergifnis is bonatuurlik en verg God se genade, maar onthou, Jesus het gesê: ‘Maar as julle weier om die mense te vergewe, sal julle Vader julle ook nie julle oortredings vergewe nie’ (Matteus 6:15 NLV). Dink daaroor – daar is nie een enkele, enkelvoudige rede hoekom God ons sondes ooit moet vergewe nie, en tog is die oortredings waarvoor Hy ons elke dag vergewe, veel erger as enigiets waarvoor ons ouers, eggenote of vriende ons moet vergewe. Die Bybel sê: ‘…Vergewe mekaar soos God julle vergewe het…’ Vergifnis maak die tronk, waar jy beide die gevangene en die tronkbewaarder is, se deure oop. Wrokke isoleer jou nie net van mense wat eens op ‘n tyd jou vriende was nie, maar verkort ook jou lewe deur dodelike ensieme te produseer wat tot ‘n magdom fisiese kwale bydra. Een man het vir sy berader gesê: ‘Ek wens my broer kon na my troue toe kom, maar ons het in jare nie met mekaar gepraat nie.’ Die berader het gevra: ‘Hoekom so?’ Die man het stilgebly en na ‘n rukkie geantwoord: ‘Dit klink nou belaglik, maar ek kan nie eers onthou nie!’ Dis ‘n wetenskaplike feit dat vergifnis jare by jou lewe toevoeg. Wanneer jy met individue praat wat die tagtig-jaar-kerf verby gesteek het, vind jy as ‘n reël dat hulle in vrede met hulself leef, omdat hulle geleer het om te vergewe en te laat gaan.
31 Dec 2024 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min