Woord vir Vandag - 2 Jan 2025

Loading player...
“…terwyl Hy die mense intussen huis toe stuur. Daarna het Hy teen die berg uitgeklim om eenkant te gaan bid…” Matteus 14:22-23 NLV
Die belangrikheid daarvan om alleen saam met God te wees
Jesus was beide menslik en goddelik. Ons is geneig om meer aan Hom as die Seun van God as die Seun van die mens te dink, dus kyk ons dikwels dit wat ons vanuit sy menslike ervaring kan leer, mis. Toe Jesus wonderbaarlik vyfduisend mense kos gegee het, is sy goddelike krag ten toon gestel (sien Matteus 14:13-21). Tog sien ons na hierdie gebeurtenis sy menslikheid waarmee ons kan identifiseer. Nadat hy die skare verdaag en die dissipels weggestuur het, het Jesus na ‘n eensame plek op die berg gegaan om alleen saam met God te wees. Na so ‘n groot wonderwerk sou die meeste van ons dit gevier het. Die mense rondom Hom kon ook nie verstaan waarom Hy hulle wegstuur nie. Jesus het egter verstaan dat sy krag nie van die skare af kom nie, maar van sy Vader, dus het Hy tyd gemaak om alleen saam met Hom te wees. Die verhouding wat Jesus met sy Vader gehad het is ‘n voorbeeld van die verhouding wat jy ook met God kan hê. Drie dinge beskryf so ‘n verhouding: 1) Intimiteit. ‘Die Vader het die Seun lief en wys Hom alles wat Hy self doen…’ (Johannes 5:20 NLV). 2) Afhanklikheid. ‘…die Seun kan niks uit sy eie doen nie. Hy doen slegs wat Hy die Vader sien doen. Wat die Vader ook al doen, dit doen die Seun net so’ (vers 19 NLV). 3) Gehoorsaamheid. ‘Ek is nie daartoe in staat om enigiets uit My eie te doen nie… omdat dit nie my wil is wat Ek najaag nie, maar die wil van Hom wat My gestuur het’ (vers 30 NLV). Wat moet jy wegstuur om sodoende so ‘n verhouding met die Here te hê?
1 Jan English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min