Woord vir Vandag - 3 Jan 2025

Loading player...
“…Wie aan My verbonde bly en Ek aan hulle, dra baie vrugte…” Johannes 15:5 NLV
Verbondenheid: die geheim tot ewige vrugbaarheid
As dit by jou spanning veroorsaak om die Here te dien, lees wat Jesus gesê het: ‘Julle moet aan My verbonde bly soos Ek aan julle. ‘n Loot kan nie uit sy eie vrugte dra as dit nie aan die druiwestok verbind bly nie, en só julle ook nie as julle nie voluit aan My verbonde bly nie. Ek is die druiwestok, julle is die lote. Wie aan My verbonde bly en Ek aan hulle, dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie’ (verse 4-5 NLV). Een dag toe die groot sendeling J. Hudson Taylor oorwerk en bekommerd gevoel het, het hy ‘n brief van ‘n vriend wat die geheim van verbondenheid aan Christus ontdek het, gelees. Die brief het Taylor diep geraak en hy het besef dat sy eenheid met Christus vreugde en vervulling, nie bekommernis en spanning nie, tot gevolg moes hê. Kort daarna het Taylor aan sy suster geskryf: ‘Wat werk betref, myne was nog nooit so volop of so moeilik nie; maar die gewig en spanning is nou weg. Die afgelope maand was miskien die gelukkigste van my lewe; ek verlang om jou ‘n bietjie te vertel van wat die Here vir my siel gedoen het. Ek het na Jesus gekyk en onthou dat Hy gesê het dat Hy my nooit sal verlaat nie. Daar is rus, want het Hy nie belowe om by my te bly nie? Toe ek aan die Wingerdstok en die lote gedink het, het die geseënde Gees lig in my siel uitgegiet!’ Bid dus die volgende: ‘Here, in plaas daarvan om te strewe om te kyk hoeveel ek vir U kan doen, gaan ek aan U verbonde bly en kyk hoeveel U deur my kan doen.’ Dis ‘n gebed wat God sal beantwoord.
2 Jan English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min