Woord vir Vandag - 4 Jan 2025

Loading player...
“…Hy het ons in ons verhouding met Christus Jesus só gemaak dat ons die goeie werke wat Hy vir ons bestem het, kan uitlewe.” Efesiërs 2:10 NLV
Doen jy wat jy veronderstel is om te doen?
In sy boek, How Successful People Grow, identifiseer John Maxwell drie tipes mense: ‘1) Mense wat nie weet wat hulle graag wil doen nie. Hulle het nie doelwitte nie. Hulle vroetel. Hulle dryf rond. Hulle het geen idee waarvoor om te mik nie. Ek glo die hoofrede is dat hulle hulself nie so goed ken soos hulle behoort nie en dus bly hulle ongefokus in hul groei. 2) Mense wat weet wat hulle graag sal wil doen maar dit nie doen nie. Soms doen hulle nie wat hulle graag wil doen nie, omdat hulle bekommerd is dat hulle ander verantwoordelikhede sal afskeep, soos om vir hul families te voorsien. Soms is hulle nie gewillig om die prys te betaal om te leer, te groei en nader aan waar hulle wil wees te beweeg nie. Ander kere weerhou vrees hulle daarvan om van koers te verander en hulle passie na te jaag. 3) Mense wat weet wat hulle graag wil doen en dit doen. Hierdie mense leef die volgende Skrifgedeelte uit: ‘Hy het ons in ons verhouding met Christus Jesus só gemaak dat ons die goeie werke wat Hy vir ons bestem het, kan uitlewe.’ Die derde tipe mense ken hulself, het ‘n sterk passie, is op hulle doelwit gefokus, groei in areas wat hulle help om nader aan hulle doel te beweeg en doen wat hulle geskep is om te doen. Dit kan moeilik wees om jouself te vind en in jou potensiaal in te groei. Jy moet weet wie jy is om in jou potensiaal in te groei. Jy moet egter groei om sodoende te weet wie jy is.’ Die oplossing daarvoor is om tyd met God te bestee en Hom toe te laat om jou te lei.
3 Jan English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min