Woord vir Vandag - 6 Jan 2025

Loading player...
“…Die vorige dinge sal nie meer onthou word nie…” Jesaja 65:17 NLV
God kan jou herinneringe genees
Satan word ‘die aanklaer’ genoem en hy sal probeer om jou op jou verlede gefokus te hou. Hy kan jou elke dag seermaak, tensy jy God se vergifnis aanvaar, jouself vergewe en vorentoe beweeg. Jesus het jou sonde en skande by die kruis op Homself geneem, maar Satan wil hê dat jy dit moet aanhou dra. Waar kan jy ‘n antwoord kry? Kyk na hierdie Skrifgedeeltes: 1) ‘Kyk, Ek skep ‘n nuwe hemel em ‘n nuwe aarde. Die vorige dinge sal nie meer onthou word nie en nie in die gedagte opkom nie’ (vers 17 NLV). Jy sê: ‘Maar dis eers in die toekoms.’ Dis waar. Die Bybel sê egter: ‘…hulle… wat die kragte van God se toekomstige wêreld beleef het…’ (Hebreërs 6:4-6 NLV), en dat ons lewens kan wees ‘…soos die dae van die hemel bo-oor die aarde’ (Deuteronomium 11:21 AFR53). 2) ‘Vergeet al die dinge wat in die verlede gebeur het. Dis niks in vergelyking met wat Ek nog gaan doen nie. Ek gaan iets nuuts doen. Dit het alreeds begin gebeur!..’ (Jesaja 43:18-19 NLV). 3) ‘Moenie bang wees nie, jy sal nie weer verneder word nie. Moenie bang wees vir die skande van voorheen nie. Jy sal die skande van jou jeug vergeet…’ (Jesaja 54:4 NLV). Jy sê: ‘Ek kan nie help om te onthou nie!’ Ja, jy kan! Paulus, wat Christene vermoor en gevange geneem het voor hy ‘n apostel geword het, het gesê: ‘…een ding is seker: ek vergeet dit wat agter my lê, en strek my uit na dit wat voorlê. Ek jaag wenpaal toe, na die hemelse prys wat God aan my wil gee omdat Christus Jesus dit vir my verdien het’ (Filippense 3:13-14 NLV). God kan jou herinneringe genees, so laat die genesing toe om te begin.
5 Jan English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min