Woord vir Vandag - 7 Jan 2025

Loading player...
“…Besef jy nie dat God so goed is vir jou omdat Hy vir jou tyd wil gee om tot inkeer te kom nie?’ Romeine 2:4 NLV
Drie stappe tot geestelike herstel
Satan wil jou oortuig dat jou mislukkings so erg is dat hulle jou in God se oë diskwalifiseer, dat jy onwaardig vir God se liefde en genade is en dat jy God heeltemal moet vermy. Moet hom nie glo nie. Hier is drie stappe wat tot geestelike herstel sal lei: 1) Bekeer jou. Erken jou sonde, doen afstand daarvan en vertrou op die bloed van Jesus om jou te vergewe. God het jou liefgehad toe jy ‘n sondaar was en Hy het jou nie minder lief as een van sy verloste kinders wat foute maak nie. 2) Restitusie. Wanneer jou aksies iemand seergemaak het, sê Jesus vir jou wat om te doen: ‘As jy dus jou offer na die altaar toe bring en dit val jou daar by dat jou medemens ‘n grief teen jou koester, los jou offer net daar voor die altaar en gaan maak eers vrede met daardie persoon… (Matteus 5:23-24 NLV). As jy in God se seën wil wandel, moet jy sy instruksies volg. 3) Herfokus. ‘Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem. Ons word al hoe meer verander om soos die Here te lyk, met ‘n heerlikheid wat steeds toeneem namate die Here, dit is die Gees, dit aan ons gee’ (2 Korintiërs 3:18 NLV). Wanneer jy op jouself en jou mislukkings fokus, kyk jy in die verkeerde spieël. Wanneer jy op Christus en sy onfeilbare liefde en genade aan jou fokus, kyk jy in die regte spieël. Jy sal in die beeld waarop jy fokus, verander word. Genadiglik bring nie jy nie, maar die Heilige Gees wat in jou woon, hierdie verandering mee. Hy sal aanhou om in jou lewe te werk om jou meer en meer soos Jesus te laat word.
6 Jan English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min