Woord vir Vandag - 8 Jan 2025

Loading player...
“Liewe vriend, ek hou aan bid… dat jy nét so gesond sal wees soos dit geestelik goed met jou gaan.” 3 Johannes vers 2 NLV
Versorg jou siel
Jou liggaam is soos ‘n aardse pak klere wat uiteindelik sal sterf en deur ‘n nuwe, hemelse, Christelike liggaam vervang sal word. Paulus skryf: ‘Ons het hierdie skat egter maar net in breekbare kleipotte…’ (2 Korintiërs 4:7 NLV). Die skat, dit wat die meeste saak maak, dit wat vir ewig gaan lewe, is jou siel. Johannes skryf: ‘Liewe vriend, ek hou aan bid dat dit in alle opsigte met jou goed mag gaan en dat jy nét so gesond sal wees soos dit geestelik goed met jou gaan.’ Iemand het bereken dat die gemiddelde liggaam genoeg fosfor bevat om 800,000 vuurhoutjie-koppe te maak, genoeg suiker om 60 blokkies te maak, genoeg sout om 20 lepels te vul en genoeg yster om twintig dollar se spykers te maak. Die res is net stof en water. Daar is ‘n verhaal van ‘n klein seuntjie wat by die Sondagskool geleer het: ‘…Want jy is van stof gemaak en jy sal weer stof word’ (Genesis 3:19 NLV). Eendag, toe hy onder sy bed kyk, vra sy ma vir hom: ‘Waarna kyk jy?’ Hy antwoord: ‘My juffrou by die Sondagskool het gesê dat ons van stof gemaak is en weer stof gaan word. Daar is iemand onder my bed en ek kan nie agterkom of hulle kom of gaan nie!’ Voed jou siel daagliks met God se Woord. Versterk en verryk dit deur elke dag tyd saam met God in gebed deur te bring. Ontdek die talente en skatte wat Hy in jou geplaas het en belê dit in die koninkryk van God. Die volgende keer wat iemand vir jou sê: ‘Kyk mooi na jouself,’ moenie net aan jou liggaam dink nie, maar ook aan jou siel.
7 Jan English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min