Woord vir Vandag - 9 Jan 2025

Loading player...
“…As jy die lewe wil liefhê en goeie dae wil beleef, moet jy jou tong weghou van kwaadpraat…” 1 Petrus 3:10 NLV
Gebruik jou tong op die regte manier
Jou tong het kreatiewe krag. As jy daaraan twyfel, kritiseer bietjie iemand en let dan die kyk op hulle gesigte en hulle reaksie op. Komplimenteer dan iemand en let die kyk op hulle gesig en hulle reaksie op. Kom ons praat egter nie net oor die effek wat jou woorde op ander mense kan hê nie, maar die effek wat dit op jou kan hê. Die Bybel sê dat wanneer jy jou tong gebruik om goed te doen, sal jy die lewe liefhê en goeie dae beleef (sien 1 Petrus 3:10). Jesus gee ons ‘n kragtige illustrasie daarvan: ‘Dit verseker Ek julle, julle kan vir hierdie berg sê: ‘Mag God jou oplig en in die see gooi,’ en dit sal so gebeur. Al wat nodig is, is dat julle regtig sal glo en nie in julle harte twyfel nie’ (Markus 11:23 NLV). Wat het Jesus hiermee bedoel? Dat jy oor jou probleem kan praat, of met die groot probleemoplosser daaroor kan praat. Jy kan daaroor kla, of daaroor bid. Jy kan dit uit ‘n menslike perspektief waar jy op al die komplikasies fokus bespreek, of jy kan dit uit ‘n goddelike perspektief waar jy op God se krag om die omstandighede te verander fokus, bespreek. Jy kan jou moedeloosheid en wanhoop versterk deur dinge te sê soos: ‘Die probleem is te groot en ek kan niks daaraan doen nie.’ Of jy kan die probleem aan God gee en sê: ‘Hy moet geprys word – Hy wat mag het om deur die krag wat in ons werk, oneindig meer te doen as wat ons vra of dink om te vra’ (Efesiërs 3:20 NLV). Wanneer jy dit sê, gebruik jy nie net die kreatiewe krag van God se Woord nie, jy gebruik ook jou tong op die regte manier.
8 Jan English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min