Woord vir Vandag - 10 Jan 2025

Loading player...
“Nooi liewer die armes, kreupeles, verlamdes en blindes.” Lukas 14:13 NLV
Bewys medelye teenoor almal (1)
Lukas skryf: ‘Een Sabbatdag was Jesus in die huis van ‘n leier van die Fariseërs. Die mense het Hom stip dopgehou’ (vers 1 NLV). Daardie dag het Hy een van hul mees gewaardeerde godsdienstige tradisies op sy kop gedraai deur te sê: ‘…Wanneer jy ‘n middag- of aandete gee… Nooi liewer die armes, kreupeles, verlamdes en blindes. Jy sal geseënd wees, want by die opstanding van die godvresendes sal God jou beloon omdat jy hulle wat jou nie kon beloon nie, genooi het’ (verse 12-14 NLV). Enige iets wat gebrekkig was, is deur die Fariseërs as ongeskik beskou om die volmaakte heiligheid van God te weerspieël. Gevolglik het hulle niks wat misvormd was binne die grense van die tempel toegelaat nie. Verder, aangesien hulle geglo het dat die tempel deur Rome verneder is, het hulle geglo dat hulle God kon eer deur hul huise as klein tempels te behandel. Vir Jesus om vir hierdie bekende Fariseër te sê om doelbewus misvormde, gebrekkige mense in sy heilige klein tempel in te nooi, was ’n doelbewuste klap in die gesig. Jesus se medelye het uit sy liefde vir alle individue en sy pyn wanneer enige iemand misken word, gespruit. Ons word nooit in die Skrif vertel dat Jesus medelye met iemand gehad het omdat hulle dit verdien het nie, maar omdat hulle in nood verkeer het. Moet nie die punt wat Jesus gemaak het, miskyk nie. Hy het belowe dat jy in hierdie lewe geseën sal word en in die volgende lewe beloon sal word, wanneer jy vriendelikheid en medelye betoon aan dié wat jou nie kan terugbetaal nie. Onthou dit wanneer jy in die versoeking kom om iemand oor die hoof te sien omdat hulle 'n spesifieke probleem het waarvan jy nie hou nie.
9 Jan English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min