Woord vir Vandag - 11 Jan 2025

Loading player...
“…Hy [sien] dat daar reeds ‘n massa mense bymekaar was. Hy het ‘n diepe deernis vir hulle gevoel en hulle siekes gesond gemaak.” Matteus 14:14 NLV
Bewys medelye teenoor almal (2)
Jesus het medelye waar Hy ook al gegaan het, bewys. Hy het ons geleer dat ons vir die ‘geringstes’ onder ons moet sorg (sien Matteus 25:40). ‘Omdat julle almal in Christus Jesus één is, kan julle nie langer teen mense diskrimineer omdat hulle Jood of Griek, slaaf of vry, man of vrou is nie’ (Galasiërs 3:28 NLV). Om Christus te volg beteken dat jy medelye teenoor almal moet bewys, of jy nou van hulle hou of nie. Jy is geroep om deernis uit te leef waar jy werk en waar jy woon. Jean Henri Dunant kon nie die geluid van soldate wat op die slagveld huil nadat hulle gewond is verduur nie, dus het hierdie Switserse filantroop gesê dat hy sy lewe daaraan sou wy om hulle in Jesus se naam te help. Gevolglik het hy die Rooi Kruis in die 1860’s gestig. Die simbool van die Rooi Kruis is soos om Jesus se vingerafdruk te sien. ’n Lutherse predikant in Duitsland met die naam Theodor Fliedner het 'n groep hoofsaaklik boerevroue geleer om siekes te versorg. Dit het tot die ontwikkeling van hospitale regoor Europa gelei en het Florence Nightingale geïnspireer om haar lewe aan die versorging van die siekes te wy. Vader Damien, ’n Belgiese priester, het in die negentiende eeu in Hawaii gewerk en ’n plek gestig waar melaatses geliefd en versorg kon word. Elke week het hy vir hulle gesê: ‘God het julle lief, melaatses.’ Een week het hy egter opgestaan en gesê: ‘God het ons melaatses lief.’ Hy het aan melaatsheid gesterf. Jesus het van elke daad van goedhartigheid wat aan iemand, insluitend dié wat dit nie verdien nie, betoon is, gesê: ‘…julle [het] dit vir Mý gedoen’ (Matteus 25:40 NLV).
10 Jan English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min