Woord vir Vandag - 12 Jan 2025

Loading player...
“Ja, trek die nuwe mens soos skoon klere aan, die mens wat na God se beeld geskape is…” Efesiërs 4:24 NLV
Bevry van die drama van emosies
Jesus het voor sy kruisiging in die tuin van Getsemane gaan bid. Hy het intense emosies ervaar. ‘Terwyl Hy intense angs beleef, het Jesus nog ernstiger gebid. Sy sweet het soos druppels bloed geword wat op die grond drup’ (Lukas 22:44 NLV). Hierdie emosies was so sterk dat Hy gebid het dat die beker van die kruis by Hom verby moet gaan. Daardie nag het Jesus egter die oorheersing van emosies deur gehoorsaamheid aan die wil van sy Vader gebreek deur te sê: ‘…Laat nogtans nie my wil nie, maar u wil geld!’ (vers 42 NLV). Emosies sal dit doen wat ons hulle, in geloof, beveel om te doen. Dawid het gesê: ‘Ek wil die lof van die Here verkondig. Met alles wat binne-in my is, wil ek sy heilige Naam verheerlik’ (Psalm 103:1 NLV). Dawid het sy siel, die kern van sy emosies, beveel om die Here te verheerlik. Hy het geglo dat sy siel en alles in hom sou doen wat hy beveel het. Gevoelens kan van drama tot seën getransformeer word. Paulus het geglo dat negatiewe emosies uitgetrek en positiewe emosies aangetrek kon word. ‘naamlik dat julle, wat julle vroeëre leefstyl betref, die ou, sondige mens soos vuil klere moet uittrek. Julle moet op ‘n nuwe, geestelike manier leer dink. Ja, trek die nuwe mens soos skoon klere aan, die mens wat na God se beeld geskape is: iemand wat werklik reg lewe voor God en werklik aan Hom toegewy is’ (Efesiërs 4:22-24 NLV). Weer skryf hy: ‘Verder, laat die vrede wat Christus bewerk het, in julle lewe skeidsregter wees…’ (Kolossense 3:15 NLV). Dit is duidelik uit die Skrif dat emosies beheer kan word en dat mens se wil op God se krag en geloof, eerder as op die drama van emosies, kan reageer.
11 Jan English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min