Woord vir Vandag - 13 Jan 2025

Loading player...
“…sy Goddelike krag [het] ons alles laat kry wat ons nodig het…” 2 Petrus 1:3 NLV
Vasbeslote om sterk te eindig
Om God te volg beteken dat jy dit waarvoor Hy jou geroep het om te doen, klaarmaak. Nie almal wat begin, eindig sterk nie. Ons is soms geskok en hartseer om te verneem dat ‘n leier voor ‘n morele of ‘n finansiële probleem geswig het. Paulus skryf: ‘Lukas, ons geliefde dokter, stuur vir julle groete, en ook Demas’ (Kolossense 4:14 NLV). Later skryf hy: ‘Demas het my verlaat omdat hy verlief geraak het op die dinge van hierdie lewe…’ (2 Timoteus 4:10 NLV). Daar is drie magte wat teen jou saamspan en nooit opgee nie: die wêreld, die vlees, en die duiwel. Die wêreld sal probeer om jou volgens sy voorbeeld te vorm, jou vleeslike aard sal probeer om jou af te trek en die duiwel sal elke truuk in die boek gebruik om jou te probeer verslaan. Paulus was bewus van hierdie drie kragte toe hy gesê het: ‘Al is my lewe kosbaar, ag ek dit van geen waarde as ek nie my lewenstaak en my bediening wat ek van die Here Jesus gekry het, kan klaarmaak nie…’ (Handelinge 20:24 NLV). Neem dus ‘n wilsbesluit om die taak wat God jou gegee het klaar te maak en elke oomblik daarvan te geniet. ‘Deurdat ons Hom regtig ken, het sy Goddelike krag ons alles laat kry wat ons nodig het om naby aan Hom te lewe. Hy het ons geroep om sy heerlikheid en goedheid te ontvang!.. Die gevolg hiervan is dat julle deel gekry het aan sy Goddelike natuur. Só het julle vrygekom van die proses van agteruitgang wat, as gevolg van die geneigdheid van ons menslike natuur, oral alles en almal laat sleg word. Juis om hierdie rede moet julle alles in julle vermoë doen om te wys dat hierdie beloftes vir julle waar geword het…’ (2 Petrus 1:3-5 NLV).
12 Jan English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min