Woord vir Vandag - 14 Jan 2025

Loading player...
“Ware liefde het nie plek vir vrees nie; volwasse liefde dryf die vrees uit…” 1 Johannes 4:18 NLV
Dryf jou vrese uit
Toe jy klein was en ‘n lelike woord gesê het, mag jou ouers dalk gedreig het om jou mond met seep uit te was. Wel, as vrees ‘n lelike woord is, dan is geloof in God se onvoorwaardelike liefde vir jou soos seep! Te veel mense span die wa voor die perde in. Ons glo dat God ons volgens die graad van ons liefde vir Hom, eerder as die graad van sy liefde vir ons, aanvaar. Die Bybel sê: ‘Laat ons mekaar liefhê omdat Hy ons eerste liefgehad het’ (vers 19 NLV). God se liefde vir jou word nie op jou optrede gebaseer nie, maar op Christus se optrede namens jou. Wanneer jy jou vertroue in Christus plaas, sien God jou van daardie oomblik af as een met Christus (sien 2 Korintiërs 5:17). Wil jy weet hoe God jou op hierdie oomblik en elke ander oomblik sien? ‘…soos [Jesus] is, is ons ook in hierdie wêreld’ (1 Johannes 4:17 AFR53). Beteken dit ons kan aan God ongehoorsaam wees en daarmee wegkom? Nee! ‘Die Here dissiplineer juis die mense vir wie Hy lief is… Elke vorm van tug lyk vir ons op die oomblik meer na ‘n rede vir trane as vir blydskap, maar later sal dit vir hulle wat daardeur gebrei is, die blye oes oplewer van ‘n lewe volgens die wil van God’ (Hebreërs 12:6, 11 NLV). God se tugtiging is nie verwerping nie! Dis ‘n bewys van sy onvoorwaardelike, onbeperkte, onwankelbare en onverdiende liefde vir jou. God het jou nie meer lief op die dae wat jy oorwinning behaal en minder lief op die dae wat jy oorwonne is nie. Sy liefde vir jou wissel of weifel nie. Die wete van hierdie waarheid sal jou geloof versterk en jou vrese laat afneem!
13 Jan English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min