Woord vir Vandag - 15 Jan 2025

Loading player...
“…Die Satan self gee immers voor dat hy ‘n engel van die lig is.” 2 Korintiërs 11:14 NLV
Onderskei tussen vals en eg
In 2 Korintiërs 11, beskryf Paulus vier maniere waarop Satan soos ‘n meester vervalser te werk gaan. Eerstens verskaf hy ‘n vals Redder: ‘…Die Satan self gee immers voor dat hy ‘n engel van die lig is.’ Alhoewel daar kultusse is wat van Jesus preek, preek hulle nie oor die Christus van die Christendom nie. Tweedens stel hy vals dienaars voor: ‘Want sulke mense is vals apostels; hulle is bedrieglike werkers wat voorgee dat hulle apostels van Christus is… Daarom is dit ook niks besonders dat sy diensknegte hulleself voordoen as dienaars van geregtigheid nie. Hulle uiteinde sal wees wat hulle volgens hulle dade verdien’ (verse 13, 15 NLV). Derdens bring Satan valse heiliges: Paulus identifiseer hierdie valse broeders as diegene wat soos jou broer of suster aan die buitekant lyk, maar in die geheim jou vyand aan die binnekant is (sien Galasiërs 2:4). Satan bied ook vals redding vir ons aan: ‘Vervloek is elkeen wat ‘n ander boodskap verkondig as wat ons aan julle verkondig het, al sou dit ons self of ‘n boodskapper uit die hemel wees’ (Galasiërs 1:8 NLV). Dit is nie noodwendig dat Christene voorgee om kinders van die duiwel te wees nie, maar eerder dat die goddelose dikwels regverdig voorkom. God kan ‘n sondaar van ‘n heilige onderskei en jy gaan beide van hulle binne die kerk sowel as buite die kerk vind. Dis ‘n goeie ding, omdat aanhoudende blootstelling aan die Bybel mense verander. Jesus het nooit gesê dat die kerk perfek is nie en ons moet ook nie. Ons bewustheid van hierdie waarhede moet ons nie selfregverdigend en veroordelend maak nie. Inteendeel, dit moet ons geleiers van God se genade en barmhartigheid maak en ons lei om vollediger aan Christus toegewy te wees.
14 Jan English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min