Woord vir Vandag - 16 Jan 2025

Loading player...
“Ja, om Christus Jesus, my Here, persoonlik te ken is só wonderlik dat ek alle ander dinge as ‘n verlies beskou…” Filippense 3:8 NLV
God is aan die werk!
Die ervarings wat jy gehad het voor jy jou lewe aan Christus toevertrou het, insluitend dinge waaroor jy spyt is, kan as verlossing dien en ten goede gebruik word. Voor Paulus vir Christus op die pad na Damaskus ontmoet het, het hy sy lewe daaraan gewy om die Ou Testamentiese wet te bestudeer. ‘…As lid van die Fariseërs het ek streng volgens Joodse wette gelewe. Ek was fanaties en het die kerk vervolg! Wat die gehoorsaamheid aan wette betref om my saak met God reg te maak, kon niemand ‘n vinger op my lê nie’ (verse 5-6 NLV). Paulus kon in oënskou sy jare van studie as ‘n Fariseër as ‘n mors van tyd gesien het. God het hom egter daardeur voorberei om die Jode te wys dat Christus die vervulling van die geskrifte in die Ou Testament, wat hy so goed geken het, was. Dis maklik om in die strik te trap om te dink dat God eers op die dag toe ons Christus as ons Redder leer ken, in ons lewens begin werk het. Die Skrif sê egter dat Hy ons ‘vooruit’ ken, wat beteken dat Hy ons gekies en ons voorberei het lank voor ons Hom ooit ontmoet het (sien Romeine 8:29-30). Dawid het gesê dat God al die dae van sy lewe nog voor hulle plaasgevind het, neergeskryf het (sien Psalm 139:16). Dieselfde is van jou waar. God is in jou lewe aan die werk op maniere waarvan jy onbewus is. ‘Dis mos God wat julle gewillig maak om te doen waarvan Hy hou, en Hy gee julle ook die vermoë om dit te kán doen!’ (Filippense 2:13 NLV). Geloof verander die vraag: ‘Is God aan die werk?’ na ‘n verklarende uitdrukking van geloof: ‘God is aan die werk!’
15 Jan English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min