Woord vir Vandag - 18 Jan 2025

Loading player...
“Die ouer broer het hom liederlik vererg…” Lukas 15:28 NLV
Verlore seun, kom huis toe!
Die gelykenis van die verlore seun gaan oor twee seuns en hul vader se liefde vir hul elkeen. Die jonger seun het sy vader oneer aangedoen en in ‘n varkhok beland. Toe hy terugkeer huis toe, het hy alles verloor – behalwe sy vader se liefde. Maak nie saak wie jy dus is of wat jy gedoen het nie – God is lief vir jou en wil jou deel van sy familie maak. Jesus het ‘n wonderlike stelling gemaak: ‘…En toe hy nog ver weg was, het sy pa hom sien aankom. Oorweldig met liefde en deernis het hy na sy seun toe gehardloop, hom omhels en gesoen’ (vers 20 NLV). Die antieke Hebreeuse kultuur het ouer mans wat hardloop as onwaardig beskou. Mans het lang, vloeiende klere gedra wat hulle tot by hulle middel moes optel om te hardloop, wat sodoende hulle onderklere ten toon gestel het. Die pa het egter nie omgegee wat ander mense gedink het nie; hy het net oor sy eiesinnige seun omgegee. Ongelukkig het sy ouer broer nie dieselfde gevoel nie. Verstaan jy hoekom baie jonger broers nog steeds in die varkhok is en nie die kerk wil binnegaan nie? Omdat hulle bang is dat ouer broers hulle sal veroordeel eerder as om hulle in liefde te verwelkom. Die ouer broer het straf begeer, maar die vader het vergifnis gegee. Die ouer broer het skuld vereis, maar die vader het genade gegee. Die ouer broer wou weerwraak hê, maar die vader wou versoening hê. Hier is die goeie nuus: Maak nie saak hoe laag jy geval het nie, weet dat wanneer jy terugkom, jou hemelse Vader met ope arms en ‘n liefdevolle hart vir jou sal wag.
17 Jan English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min