Woord vir Vandag - 19 Jan 2025

Loading player...
“Gee jou volle aandag aan hierdie sake. Werp jouself in jou werksaamhede sodat almal jou vordering kan sien.” 1 Timoteus 4:15 NLV
Wy jou aan persoonlike groei toe
Paulus het ‘n opvolgplan vir sy bediening gehad. Dis hoekom hy Timoteus gementor het en hom die volgende opdrag gegee het: ‘Gee jou volle aandag aan hierdie sake. Werp jouself in jou werksaamhede sodat almal jou vordering kan sien.’ Die woorde: ‘sodat almal jou vordering kan sien,’ beteken dat groei meetbaar is. As jy na die laaste paar jaar van jou lewe kyk, in watter areas het jy gegroei? Voordat jy verder lees, neem ‘n oomblik en dink versigtig hoe jy hierdie vraag sal antwoord. Tydens ons kinderjare groei ons liggame outomaties. Sommige van ons het egter ook in volwassenheid ‘n onbewuste vertroue dat geestelike en emosionele groei ‘n vergelykbare patroon sal volg. Ons dink dat ons onvermydelik verbeter namate die tyd verbygaan. Ons is soos die karakter Charlie Brown in die strokiesprent Peanuts wat sê: ‘Ek dink ek het die geheim van die lewe ontdek – mens hang net rond totdat jy daaraan gewoond raak.’ Die probleem is dat jy nie verbeter deur net te lewe nie; jy moet doelbewus daaromtrent wees. Niemand verbeter per ongeluk nie. Persoonlike groei vind nie vanself plaas nie. Wanneer jy jou formele opvoeding klaarmaak, moet jy volle eienaarskap van die groeiproses neem. Niemand gaan dit namens jou doen nie. Die beste handleiding vir groei is die Bybel. Dit is ‘vol lewenskrag en energie’ (Hebreërs 4:12 NLV). Alles wat jy moet weet en alles wat van jou verwag word om te groei, kan in sy bladsye gevind word. Maak dus jou Bybel oop. Delf daarin. Lees dit. Mediteer daaroor. Pas die beginsels op jou lewe toe en jy sal verbaas wees om te sien hoeveel jy groei.
18 Jan English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min