Woord vir Vandag - 20 Jan 2025

Loading player...
“Ek weet vir seker dat ons huidige lyding hoegenaamd nie vergelyk kan word met die heerlikheid waarmee God ons gaan verras nie.” Romeine 8:18 NLV
Jy sal daarvoor beloon word
In 1857 het David Livingstone die volgende toespraak by Cambridge Universiteit gelewer: ‘Mense praat van die opoffering wat ek gemaak het deur soveel van my lewe in Afrika deur te bring. Weg met so ‘n siening en met so ‘n gedagte! Dit was geen opoffering nie. Dit was eerder ‘n voorreg. Angs, siekte, lyding, of gevaar nou en dan, tesame met die afsien van die gewone geriewe van hierdie lewe, mag ons laat huiwer, die gees laat wankel en die siel laat sink; maar laat dit net vir ‘n oomblik wees. Al hierdie is niks in vergelyking met die heerlikheid wat in en vir ons geopenbaar sal word nie. Ek het nooit 'n opoffering gemaak nie.’ Wanneer jy die Here dien, kry jy altyd meer terug as wat jy opoffer. As jy meer terugkry as wat jy opoffer, het jy dan werklik enigiets opgeoffer? ‘Petrus begin toe opnoem wat hulle alles opgeoffer het: ‘U moet darem besef ons het alles agtergelaat om U te volg.’ Daarop het Jesus geantwoord: ‘Ek verseker julle, elkeen wat ‘n huis of broers of susters of ma of pa of kinders of eiendom ter wille van My en die Goeie Nuus prysgegee het, sal in hierdie tyd honderd maal soveel aan huise en broers en susters en ma’s en kinders en eiendom ontvang; ook nog vervolging, maar in God se nuwe wêreld die ewige lewe!’ (Markus 10:28-30 NLV). Die enigste spyt wat jy aan die einde van jou lewe gaan hê, is dat jy God nie meer en vroeër gesoek en gedien het nie.
19 Jan English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min