Woord vir Vandag - 21 Jan 2025

Loading player...
“...Ons bekwaamheid kom van God” 2 Korintiërs 3:5 NLV
Glo God, ten spyte van die oënskynlike
Gideon se leërmag van twee-en-dertig duisend man was heeltemal deur die magdom Midaniete in getalle oortref toe God vir hom sê: ‘Jy het te veel soldate.’ Hy het Gideon beveel om enigiemand wat bang was te laat gaan en Gideon het twee-derdes van sy manskappe verloor. Hy het net tienduisend man oorgehad. Weer het die Here gesê: ‘Daar is steeds te veel manne,’ en Gideon se leërmag tot driehonderd mans verminder. Op daardie stadium was die kanse vir oorwinning seker omtrent ‘n miljoen tot een. Dit raak egter nog beter! God het Gideon beveel om die Midianiete met ramshorings en erdepotte aan te val. Kan jy glo – Israel wen die geveg! Hoekom het God dit op hierdie manier gedoen? Want as Gideon met twee-en-dertig duisend mans aangeval en die geveg gewen het, sou die Israeliete slegs beperkte erkenning aan God gegee het. God is egter waardig vir meer. God verlang en verdien volle erkenning. Wanneer driehonderd mans ‘n massiewe leërmag met ramshorings en erdepotte verslaan, kry God al die heerlikheid (sien Rigters 7). Te dikwels draai ons gebede om die versoek dat God ons kanse om te wen, moet vergroot. Ons wil hê dat alles in ons guns moet wees. Miskien wil God egter hê dat die kanse teen ons moet wees, sodat ons ‘n wonderwerk van goddelike omvang kan ervaar. Geloof is om God te vertrou, maak nie saak hoe hopeloos die kanse is nie. Ons onmoontlike omstandighede is geleenthede om ‘n nuwe hoogte van God se heerlikheid te ervaar. Staar jy 'n situasie in die gesig wat, menslik gesproke, buite jou vermoë is om te hanteer? Lees dan die volgende: ‘Nie dat ons op eie houtjie iets kan bedink asof dit ons eie breinkind is nie. Ons bekwaamheid kom van God’ (2 Korintiërs 3:5 NLV).
20 Jan English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min