Woord vir Vandag - 22 Jan 2025

Loading player...
“…Here, wat wil U hê moet ek doen?..” Handelinge 9:6 AFR53
Wat dit verg om God se wil te doen
Paulus se lewe is vir ewig verander toe hy die volgende vraag gevra het: ‘...Here, wat wil U hê moet ek doen?..’ Let op wat God hom geantwoord het: ‘Staan nou op en gaan die stad in. Dáár sal vir jou gesê word wat jou te doen staan’ (vers 6 NLV). God se wil word in stappe ontdek. Stap een is bewustheid. Jy kan nie van rigting verander as jy onbewus is dat jy in die verkeerde rigting op pad is nie, neem dus tyd om te dink waarheen jy tans op pad is. As dit nie is waarheen jy moet gaan nie, skryf dan die stappe neer wat jy moet neem om te gaan waarheen jy wil gaan, om te bereik wat jy wil bereik. Maak hierdie stappe so konkreet as moontlik. Sal dit heeltemal die regte stappe wees? Miskien, miskien nie. Jy sal egter nie vir seker weet voordat jy vorentoe begin beweeg nie. Stap twee is aksie. Jy kan nie wen as jy nie begin nie! Neem die inisiatief. Doen elke dag iets spesifieks wat jou een stap nader aan jou doelwit sal bring. Hou dan aan om dit elke dag te doen. Stap drie is verantwoordbaarheid. Min dinge sal jou so inspireer om jou doelwitte deur te sien as verantwoordbaarheid. Een manier waarop jy dit kan bereik is om jou doelwitte te deel. Wanneer jy vir mense vertel wat jy beoog om te doen, sal jy gedruk voel om aan te hou werk daaraan. Gee daardie mense toestemming om jou oor jou vordering uit te vra. Dis soos om jouself ‘n sperdatum te gee sodat jy aanhou daaraan werk. Nog ‘n vorm van verantwoordbaarheid is om dinge neer te skryf. Wil jy God se wil doen? Begin dit deur hierdie stappe te doen.
21 Jan English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min