Woord vir Vandag - 23 Jan 2025

Loading player...
“tot sy woorde waar geword het, en die Here se woorde bevestig is.” Psalm 105:19 NLV
Vertrou die belofte wat God vir jou gegee het
Toe Josef se broers hom van sy kleurvolle jas, wat sy vader se guns verteenwoordig het, gestroop het, wat het hom standvastig gehou? Die belofte wat God aan hom gegee het. Toe hy in ‘n put gegooi is en in slawerny verkoop is, wat het hom standvastig gehou? Die belofte wat God aan hom gegee het. Toe die skinker met wie hy in die tronk bevriend geraak het, vergeet het om sy saak voor farao te bepleit, wat het hom standvastig gehou? Die belofte wat God aan hom gegee het. ‘Hy het iemand vooruitgestuur: Josef, wat verkoop is as slaaf. Sy voete het hulle in boeie gedwing, en sy nek in ‘n ysterhalsband gesit tot sy woorde waar geword het, en die Here se woorde bevestig is. Toe het Farao hom vrygelaat; die heerser oor volke het hom bevry. Hy het hom aangestel oor sy huis, met gesag oor al sy eiendomme’ (verse 17-21 NLV). God se Woord sal die toets van tyd deurstaan, maar vir dit om te gebeur, moet jy gedurende jou tye van beproewing sterk in geloof staan. Jy sal deur die houding en aksies van jou familie getoets word. Jy sal deur die ontrouheid en verraad van vriende wat jy vertrou het, getoets word. Jy sal deur omstandighede van teëspoed en swaarkry wat die teenoorgestelde is van wat God aan jou belowe het, getoets word. Jy sien, God is meer in jou karakter as in jou gemak geïnteresseerd. Hoekom toets mens iets? Om uit te vind of dit betroubaar is. Wanneer jy jouself betroubaar bewys, kan jy op die volgende belofte staan: ‘…Wees seker dit gaan gebeur…’ (Habakuk 2:3 NLV). Staan dus vandag op die belofte wat God vir jou gegee het.
22 Jan English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min