Woord vir Vandag - 24 Jan 2025

Loading player...
“Daar is ‘n vaste tyd vir alles, elke ding onder die son het sy tyd” Prediker 3:1 NLV
Moenie tou opgooi nie!
Salomo sê: ‘Daar is… ‘n Tyd om gebore te word en ‘n tyd om te sterf. ‘n Tyd om te plant en ‘n tyd om uit te ruk wat geplant is. ‘n Tyd om dood te maak en ‘n tyd om gesond te maak. ‘n Tyd om af te breek en ‘n tyd om op te bou. ‘n Tyd om te huil en ‘n tyd om te lag. ‘n Tyd om hartseer te wees en ‘n tyd om van vreugde te dans. ‘n Tyd om jou saad te saai en ‘n tyd om jou saad terug te hou. ‘n Tyd om te omhels en ‘n tyd om weg te bly. ‘n Tyd om te soek en ‘n tyd om te verloor. ‘n Tyd om op te pas en ‘n tyd om weg te gooi. ‘n Tyd om te skeur en ‘n tyd om vas te werk. ‘n Tyd om stil te bly en ‘n tyd om te praat. ‘n Tyd om lief te hê en ‘n tyd om te haat. ‘n Tyd vir oorlog en ‘n tyd vir vrede’ (verse 2-8 NLV). Dis ‘n totaal van agt-en-twintig verskillende ‘tye.’ Let egter op wat Salomo nie vir ons gee nie – ‘n tyd om tou op te gooi! Solank as wat jy op die slagveld bly, kan God jou situasie verander en jou die oorwinning gee. Indien jy vandag oor jou huwelik, jou kinders, jou gesondheid, jou finansies, jou werk en jou toekoms bekommerd is, is hier ‘n belofte waarop jy kan staan: ‘’Maar geen wapen wat teen jou gemik word, sal iets teen jou kan uitrig nie. Elke aanklag teen jou, sal jy weerlê. Dit is die erflating van die dienaars van die Here. Aan hulle laat Ek reg geskied,’ verklaar die Here’ (Jesaja 54:17 NLV). Moet dus nie tou opgooi nie!
23 Jan English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min