Woord vir Vandag - 25 Jan 2025

Loading player...
“Laat hulle al die kos en graan in hierdie goeie jare in koninklike skure stoor…” Genesis 41:35 NLV
Maak bymekaar, stoor dit en deel dit
Let op wat Josef vir farao gesê het: ‘Die farao moet dan beamptes oor die hele land aanstel sodat hulle een vyfde van die oeste gedurende die sewe voorspoedige jare kan invorder. Laat hulle al die kos en graan van hierdie goeie jare in koninklike skure stoor… Op hierdie manier sal daar genoeg kos wees om te eet wanneer die sewe jaar van hongersnood aanbreek…’ (verse 34-36 NLV). Daar is twee belangrike lesse vir ons in hierdie verhaal. 1) Moenie toelaat dat die slegte tye jou goeie tye opeet nie. Wat is die beste manier om dit te doen? Deur op die Woord van God tydens tye van moedeloosheid en moeilikheid te staan. ‘Ek is oortuig dat God die goeie werk wat Hy in julle begin het, sal voortsit totdat Hy dit voltooi op die dag wanneer Jesus Christus terugkom’ (Filippense 1:6 NLV). 2) Moenie net die goeie tye geniet nie; versamel wysheid, krag, strategieë, verhoudings en hulpbronne wat jou in die slegte tye sal handhaaf, daaruit. Paulus skryf: ‘…ons jubel selfs in ons swaarkry, want ons besef dat die swaarkry ons leer om te volhard. Op sy beurt kweek volharding betroubaarheid van karakter…’ (Romeine 5:3-4 NLV). Wanneer God jou egter seën, moet dit nie net stoor nie – deel dit met ander mense. Oefen die wet van wederkerigheid wat Jesus ons geleer het uit: ‘As julle gee, sal julle ontvang… Met watter maat julle ook al meet – klein of groot – dit sal gebruik word om te meet wat julle sal terugontvang’ (Lukas 6:38 NLV). Waaraan jy deur selfsugtige doelwitte vasklou, sal jy uiteindelik verloor. Wat jy egter gee om ander mense te seën, het God beloof dat jy nou en in die ewigheid daarvoor beloon sal word.

Indien jy dalk nog nie ingeteken is om daagliks ons Woord vir Vandag te ontvang nie, teken gerus in by
https://www.radiokansel.co.za/teken-in-die-woord-vir-vandag/ om jou elektroniese weergawe van die Woord vir Vandag vars in jou epos elke oggend te ontvang
Dankie vir jou saamluister en ondersteuning, die Here seen jou ryklik!
24 Jan English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min