Woord vir Vandag - 26 Jan 2025

Loading player...
“Die God wat ons aanbid kán ons uit die vuur red… En selfs al red Hy ons nie…” Daniël 3:17-18 NLV
Wanneer God opdaag
Toe Sadrag, Mesag en Abednego geweier het om voor koning Nebukadnesar se dertig meter hoë goue afgod te buig, het hy gedreig om hulle in ‘n vlammende oond te gooi. Hier is wat hulle vir hom gesê het: ‘Die God wat ons aanbid kán ons uit die vuur red. Hy sal ons uit u hand bevry, U Majesteit. En selfs al red Hy ons nie… sal ons nie u gode vereer nie…’ (verse 17-18 NLV). Wanneer daag God op? Wanneer jy sê: ‘God is in staat om my te red, maar indien Hy nie doen nie, gaan ek Hom in elk geval dien.’ Dis wonderlik wanneer God dit wat ons nodig het voorsien. Tog is die tipe geloof wat God waarlik behaag die geloof wat sê: ‘Selfs al red Hy my nie, gaan ek God in elk geval vertrou.’ Petrus skryf: ‘Hieroor kan julle baie bly wees, al moet die baie beproewings julle vir ‘n rukkie laat swaarkry. Die doel met die beproewings is om die egtheid van julle geloof duidelik te laat word. Julle geloof word getoets soos goud met vuur getoets en daardeur gesuiwer word, en onthou: Julle geloof is vir God baie kosbaarder as goud. As die toetse die egtheid van julle geloof uitwys, loop dit uit op lof en heerlikheid en eer op die dag wanneer Jesus Christus aan die wêreld geopenbaar word’ (1 Petrus 1:6-7 NLV). Die Bybel sê nie dat die drie Hebreeuse kinders die vierde man wat saam met hulle in die vuur was gesien het nie; dit sê dat Nebukadnesar Hom gesien het en Hom as ‘…’n hemelwese’ (Daniël 3:25 DB), beskryf het. Selfs wanneer jy dit dus nie weet nie, het jou geloof, jou lewe en jou getuienis ‘n impak op die mense rondom jou en bring dit eer aan God.

Indien jy dalk nog nie ingeteken is om daagliks ons Woord vir Vandag te ontvang nie, teken gerus in by
https://www.radiokansel.co.za/teken-in-die-woord-vir-vandag/ om jou elektroniese weergawe van die
Woord vir Vandag vars in jou epos elke oggend te ontvang
Dankie vir jou saamluister en ondersteuning, die Here seen jou ryklik!
25 Jan English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min