Woord vir Vandag - 27 Jan 2025

Loading player...
“Maar nou is die geregtigheid van God geopenbaar sonder die wet…” Romeine 3:21 AFR53
Verstaan geregtigheid
Jy sal hemel toe gaan omdat jy jou vertroue in Christus se geregtigheid, nie jou eie nie, geplaas het. Jy vra: ‘Maar is dit nie belangrik om die regte dinge te doen nie?’ Absoluut. Jou beloning in die hemel sal deur wat jy vir God hier op aarde gedoen het, bepaal word. Jou verlossing hang egter van jou vertroue in Christus se optrede, nie jou eie nie, af. Satan weet dit en hy sal jou na ‘n prestasie-gebaseerde Christelike lewe probeer terugdryf. Wanneer jy dan misluk, soos jy vir seker sal, sal hy jou veroordeel en jou vertel dat jy nie God se liefde en aanvaarding waardig is nie. Let op wat veroordeling doen: 1) Dit steel jou selfvertroue voor God. Jy is nie in staat om sy beloftes op te eis nie, omdat jy onwaardig voel. Daar word een-en-dertig keer in die Skrif genoem dat ons ‘in Christus’ is. Dis een vir elke dag van die maand. Herinner jouself dus elke dag dat jy ‘in Christus’ is en omdat Hy waardig is, word jy aanvaar. 2) Dit maak jou prikkelbaar en onaangenaam om by te wees. Verslawingberaders beskryf dit as om ongemaklik in jou eie vel te voel. Gevolglik begin jy dit wat jy aan die binnekant voel, uiterlik projekteer. Wat is die antwoord? Paulus gee dit vir ons: ‘Niemand sal dus op grond van wetsgehoorsaming voor God vrygespreek kan word nie… Maar nou het God vir ons ‘n ander weg bekendgemaak waardeur ons sy vryspraak kan verkry… God spreek ons vry wanneer ons op Jesus vertrou om ons sonde weg te neem. Ons kan almal hierdie vryspraak ontvang, maak nie saak wie ons is of wat ons gedoen het nie’ (verse 20-22 NLV). Geregtigheid word op jou rekening deur geloof, nie werke nie, gekrediteer. Vandag is jy ‘in Christus’ geliefd en aanvaar.
26 Jan English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min