Woord vir Vandag - 28 Jan 2025

Loading player...
“Wie egter van die water drink wat Ek hom gee, sal nimmer as te nooit weer dors word…” Johannes 4:14 NLV
Net Jesus kan jou siel bevredig
Die vrou wat Jesus by die put van Jakob ontmoet het, was al vyf keer getroud. Sy het deur verskeie verhoudings probeer om die leemte binne in haar te vul. Dit het egter nie vir haar gewerk nie en dit sal ook nie vir jou werk nie. Om die korporatiewe leer uit te klim, meer en meer besittings aan te skaf of beroemd te word, sal ook nie daardie leemte vul nie. Let op wat Jesus vir hierdie vrou gesê het: ‘Wie egter van die water drink wat Ek hom gee, sal nimmer as te nooit weer dors word…’ Wanneer jy sonder water in die woestyn is, kom daar ‘n stadium wanneer jy lugspieëlings begin sien en dinge wat nie waar is nie, begin glo. Wanneer jou siel uitgedroog is, begin jy na dinge uitreik wat nie regtig is nie en wat jou siel nie kan bevredig nie. Jesus het nie hierdie vrou se verlede opgehaal om haar te verneder nie. Hy het dit vir slegs een rede opgehaal; om haar te laat weet dat Hy die wonde van haar verlede kan genees en haar hoop vir ‘n beter toekoms kan gee. Hy het dit ook gedoen. Nie net het Hy haar getransformeer nie, maar sy het ook die eerste persoon geword wat die evangelie in Samaria bekendgemaak het. Miskien dink jy jy is verby die punt van hoop en verlossing. Dawid was nie en hy het owerspel gepleeg en dit met ‘n moord toegesmeer. Petrus was nie en hy het Jesus verloën. Paulus was nie en hy het Christene vermoor voor hy self een geword het. Hier is Jesus se belofte: ‘…Die water wat Ek vir hom sal gee, sal ‘n fontein in hom word waarvan die water vir altyd sal bly opborrel’ (vers 14 NLV).
27 Jan English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min